"Ons sitkamer vloer is ? tafel" deur Poppie Kruger

  • 0

Ons sitkamer vloer is ? tafel

Ons sitkamer vloer is ? tafel
In gister verlang ek na jou
Hoekom moet die lewe ophou
elke keer as jy net wil begin leef?
Hierdie moegheid sal eendag ook verdwyn
maar nou lewe ons vir altyd
en staan in die gang
Ons dink ons is verlore maar
gister was hartseer en more het reeds gekwyn

So sing vir my vanmiddag
dat ons ook saam kan vry
En weer kan lewe
net vir mekaar soos altyd
En eens tevore
net toe jy my kan onthou
So vergewe en vergeet nou
dat jy altyd vir my kan sing

Die moegheid lê op die vloer versprei
Gister se woorde draai vir altyd
Die lewe is vir ? oomblik nou eers verby
Maar more is ons
sitkamervloer weer ? tafel
En gister verlang ek na jou
Sing vir my, sing vir my vir ewig
want more en gister is al reeds verby

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top