"Ons mooiste land Suid-Afrika" deur Gerhardus Pieterse

  • 0

Ons mooiste land Suid-Afrika

 

Suid-Afrika ons reënboogland
Met baie soorte kleure
Suid-Afrika ons reënboogland
Hier is disse met alle soorte geure
Hier in ons reënboogland
Suid-Afrika ons mooiste land
Ons basuin as die Springbokke rugby speel
Suid-Afrika ons mooiste land
So trots met groen en geel
Hier in ons mooiste land
Suid-Afrika ons sonskynland
Met berge, son en see
Suid-Afrika ons sonskynland
Waar die seemeeue skree
Hier in ons sonskyn land
Suid-Afrika ons mooiste land
Waar ons braaivleis hou en geniet
Suid-Afrika ons mooiste land
Ons sing hartlik saam met die volkslied
Hier in ons mooiste land

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top