In absolute doldriftigheid het Kobus de Klerk en sy ge-aliede groepie my die afgelope ruk weer soos gewoonlik met hul vervelige, dog berugte parakundigheid as wapen probeer uitsonder. Selfs hul paranimf Erika Henn, het een van haar vrot eiertjies kom lê.
Skoon rasend vir hulp streel Kobus de Klerk toe Wouter se ego met:
... ek (Kobus) hou van jou afsluiting: “Wat baat dit (Cornelius) Henn as hy alleen weet hy is reg?” – Nou dáár maak jy mos ’n skerp waarneming, Wouter … dit is presies wat ek nogal die tyd ook sê van die ateïste, die paartjies wat van God sê wat hulle sê, ongeag die massa wat anders weet.
Ag en nie lank nie, of hy ontkom aan sy kilheid en pik sy mater terug met:
Daar is ’n geneuk met die betekenis van alleenkennis en kan jy (Kobus de Klerk) nie hierdie “as hy alleen weet hy is reg?” teen die ateïste wil gebruik nie. Soos alreeds gesien met woorde, is die betekenis daarvan menigvuldig en daarom word die volgende uitgelig.
Hel, elke reptielhanteerder weet jy hou die gediertes enkel in ’n hok. Selfs met paring moet jy vrek versigtig wees. EN, met die streel kon ek sommer sien waar hul ego sit ... in hul Alie natuurlik!
Nietemin, ek is werklik dankbaar vir Gerrit Brand se waagmoed om hierdie mate van sinkretisme aan die Volk se deur te kom lê.
Sien, ons is nie alleen nie ...
In kommentaar op sy blog "Kontrakultuur van kanselruiling", deel Gerrit onder meer die volgende:
Dit gebeur wel van tyd tot tyd dat mense, ook oor breë grense soos Protestants en Oosters-Ortodoks, by mekaar preek ... Liturgie is belangrik. Dis iets wat ek (Gerrit) van die Anglikane waardeer ...Dan weer, by die Katolieke en Ortodokses, val die klem veel meer op die lees van Bybel-tekste as op die preek. ’n Goeie predikant is nie een wat ’n indrukwekkende toespraak hou of, erger nog, show gee, nie, maar iemand wat ’n teks vir ’n mens oopmaak. As ek ’n toespraak wil luister, kan ek een of ander kursus gaan bywoon.
Die volgende genade sal wel wees as Afrikaner Protestante die Hindoe, Joodse, Moslem ... se aanbidding tot ons almal se Almagtige Lewende Skepper deel in die uitdra van die Goeie Nuus saam met Paulus dat Agnostos Theos, ten volle mens vir ons in Jesus Christus geword het (Handelinge 17:23).
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

