"Ons is almal dromers" deur Jarike Slabbert-Paulsen

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dis alweer daai tyd van die dag
Wat jy by jou werk stop en staar
En Wonder… Jy Wonder
Jy dink, jy treur, jy voel goed wat jy nooit voel
Wat is ons doel? Sê my hoe jy daaroor voel

Jy wens vir antwoorde op vrae nooit gevra
Jy kyk op – sien die hemele
Maar…
’n Klein woord met soveel potential, goed en sleg
Jy kom nêrens, jy voel leeg - maar hou aan, hou aan veg
Want hulle sê liefde wen, dit maak alles, ja dit maak alles reg

Jy waag dit
Jy maak jou oë oop om te droom
Al het jy iets belangriker om te doen
Ons wil almal net stop, soen, sien en beleef
Werk is nie lewe nie, jy maak net ’n lewe daarvan
Doen wat jy wil – waar lê jou hart?
Gee om oor wat jy wil, mense kan jou haat
Maar liefde wen
Liefde wen altyd, my maat
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top