Ons eie royalty

  • 3

Jaco het geskryf van die aanhangsels wat ons belastinggeld opvreet. Ons sien net die ore van die swemkoei. Die ANC sit met ’n ander monster aan die boesem en dit is die Congress of Traditional Leaders of South Africa (CONTRALESA). Die lot verteenwoordig die sogenaamde landelike  bevolking en is beslis nie demokraties verkose nie. Dit stryk glad nie met die huidige regime se sogenaamde demokrasie nie. Die mense sit en doen vet mooi nokkol. Ek sien nog die dag kom wanneer een van die manne ’n paal of iets soortgelyks iewers in Pietoria of waar ook al gaan inslaan en eis dat hy belastinggeld op die grond gaan hef. Sy voorvader het net na die sondvloed hier verby gekom is een van sy vroue is hier begrawe. Elke inwoner sal dan aan die Induna moet betaal want hy het mos nou gepraat. Die sogenaamde ander adellikes wil ek nie eers aan dink nie. Daar is mos altyd iemand wat iewers onder ’n klip uit kruip en sy pond vleis opeis. Oor die staatsamptenare wil ek net mooi niks uiter nie. Ek raak te erg omgekrap. In elke regering raak daar geld weg. Maar hierdie lot stel beslis nuwe hoogtes. Sowat van steel het ek nog nie in my lewe gesien nie. Wat my stom slaan is dat ons dit gelate aanvaar. Wanneer gaan die belastingbetalers wakker skrik en vrae begin vra en eise stel. Op daardie noot. Sal iemand aan my probeer verduidelik hoe ons ekonomie werk. Ons is sowat ses miljoen wat belasting betaal. Ons onderhou ’n moerse klomp met toelaes. Hoe klop ons boeke, of maak die regering iewers geld waarvan ons nie weet nie. My kop is te plat om dit uit te pluis.

Mag ons tog net behoede word. Ek vrees die dag wanneer daar nie meer geld is om te steel nie.

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • George Bekker

    Reusedwerg, ek hou van daardie woord "nokkol". 'n Mens wil nie altyd vieslike woorde gebruik nie en dis dan lekker om so 'n alternatief te hê. Jou slotsin: "Ek vrees die dag wanneer daar nie meer geld is om te steel nie." is die hoogtepunt, maar in donkerste Afrika (darkest Africa) het 'n mens rede om dikwels erg sinies te raak. goed gaan met jou. George

  • Reusedwerg

     
    Ek was self 'n staatsamptenaar vir baie jare.   Daar was altyd effektiewe beheermaatreels in plek wat gesorg het dat dit onmoontlik is om die staat van selfs net 'n rand te besteel.  Nou steel die wetters miljoene sonder dat iets agterkom en die fluitjie geblaas word.  Dis 'n boetie-boetie ding,  die ou wat beheer moet uitoefen, kry 'n deel van die wat die junior kollega steel.
     
    Enjee
     
     
  • Ek sien uit na die dag wanneer daar nie meer geld is om te steel nie. Want dan val ons heersers uit onder mekaar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top