Ek is verbaas om te sien dat Joan Hambidge Crito se resensies oor resensies lees, want ek het nie geweet 'n mens kan kritici ernstig opneem as jy nie weet wie hulle is nie. Dis seker ook net in Afrikaans dat 'n mens iets sal kry soos
resensies van resensies. Hoe belaglik.
Nietemin, twee weke gelede het Crito geskryf André P Brink het ook 'n boek oor Coenraad Buys geskryf. Regtig? Laat weet my wat die titel is, asseblief, want ek sal dit graag wil lees.
Robert van Staden


Kommentaar
Ja rêrig. Crito het darem ook nie gesê Brink het ʼn boek oor Buys geskryf nie maar wel dat hy óór hom geskryf het. In Kennis van die aand asook in Bidspringkaan skryf André P Brink oor Coenraad Buys. “Daar het ek by ʼn wilde wit man gebly. Sy naam was Coenraad de Buys.”
Ek hou nogal van die geheimsinnigheid oor wie Crito is en sy resensies oor resensies. Dit maak hom juis vir my geloofwaardig omdat gʼn resensent of skrywer hom kan dine en wine om sy guns te wen nie. En hoekom moet ʼn resensent noodwendig die laaste woord hê? Resensies is mos nes boeke oop vir kritiek of hoe?
Ek wonder, is Crito 'n "hom" ?
Read-na-Gael