Onrustigheid onder die volk

  • 3

Ek het nou twee uitsendings van 'n program wat op Sondagaande na tien op SABiesie uitgesaai word, gekyk. In die program is daar 'n baie "slim" vrou wat gaste aan die oorwegend anderskleurige gehoor voorstel. Die eerste program wat ek gekyk het, het oor die uitbuiting van die plaaswerkers gehandel. My vriend dr Theo de Jager was een van die gaste. Ek ken die man al geruime tyd en kon ek sien hy moes ergere selfbeheersing aan die dag lê.

Natuurlik het die meerderheid van die gehoor die boere geskel en eise op grond gestel. Die ekonomiese gevolge van 'n swak landbou is vir die mense 'n wit konsep.

Die tweede program wat ek gekyk het was die Sondag wat nou verby is. Die tema was Rassisme en die gaping tussen die verskillende etniese groepe. Weereens het die bespreking emosies ontlok en is die meerderheid van die gehoor opgesweep teen selfs die huidige regering en blatant teen die wittes in die land. Een van die gaste was van Solidariteit, Dirk Herman. Ai mense. As jy iemand na sulke geleenthede toe stuur, maak seker dat die mens wat jy stuur 'n bydrae kan maak. Hy moet oa ook vlot wees in die Ingelse taal en sy feite ken. Daar was gisteraand nog 'n wit gas. Hy was 'n ekonoom. Hy het te ver bo die gehoor gepraat en het hulle sy opinies agv onnoselgeit summier afgeskiet.

Wat my duidelik opvallend in albei die programme was is die openlike anti wit sentiment onder die gehoor. Almal praat van versoening en hand om die blaas en voele vlieg. Wat jy waar kry. As dit die weerspieëling is van die sentiment van anderskleuriges teenoor blankes in die land, het ons groot moeilikheid.

The natives are restless

HKGK

Reusedwerg

  • 3

Kommentaar

  • Reusedwerg, jou waarneming is insiggewend. In die goeie ou tyd was daar twee verwysings na volk. In die een geval was dit die Afrikanervolk en dan sommer net volk of natives. Die vyandigheid teenoor wittes, waarna jy verwys is ontstellend. Dis maar 'n skrale troos maar ek dink jou laaste paragraaf "The natives are restless" is dalk nog 'n belangriker waarneming. Of die onbevoegde regering die situasie sal kan bly hanteer is die vraag wat almal (wit en swart) waarskynlik aan hulle eie basse gaan voel.

    Groetnis,

    George

  • francois williams

    Maar wat van die vyandiggesindheid van die volk tov anderskleuriges?

    In sommige areas het nog boggerol verander, veral nie tussen die ore van dikkop afrikanerosaurusse nie!
    Looi hulle!
  • Die pot verwyt die ketel. Francois Williams se houding tov die dikkop afrikanerosaurusse sal in der ewigheid nooit verander nie, nou waarom moet hierdie dikkoppe se houding dan ten opsigte van hom verander? Net omdat hy swart is en hulle wit is? 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top