Onritmiese hartklop
Waar is jy as ek vanaand weer lê en die pyn in my bors ignoreer.
Hoe die herinneringe aan jou vanaand my soos elke aand weer verteer.
Is jy in sy arms toegevou? Of verdwaal jy in sy oë?
Het jy van jou geheime teruggehou?
Wat maak hy jou alles glo?
Refrein
En as die eggo van my gebroke hart in woorde uit my pen uit vloei
Waar was jy toe ek jou nodig gekry het, waar was jy toe my siel doodbloei?
Was jy nie hier gewees nie? Was daar niks wat jy wou doen?
Wou jy nie eers probeer nie, om my hartseer weg te soen.
Oor die randjie van die afgrond het jou woorde my laat val.
Maar met genoeg krag van Bo sal ek opstaan, ek sweer ek sal.
En as jou bruin oë weer oopgaan en jy sien jy’s eintlik alleen
Sal dit heeltemal te laat wees om skuiling te soek van die reën.
Refrein
(Brug)
(Moontlike key change)
Die wiel draai my engel, die horlosie se arms wat stap.
En met tyd sal jy nog agterkom hoe moeilik dit is om ‘n gebroke hart te lap.
Refrein
![]() |



