onn’r DF Malan had iets Europa- of Afrika-status,
vanne grys g’bied, onn’r apartheid, kwal’k sprake,
vannie b’gin af, wys superioriteitsiekte haar krake,
as’f oorname vannie grond, prestige, status, niks is
selfs sosio-linguïs nie wis, hoe lank nog’t sou duur,
segr’gasie, diskriminasie, d’gradasie, via eksplosief,
kwaadwill’g inspan, v’n pejoratief, retro-primitief,
onskuld, naïwiteit, struktuurg’weldshel toe stuur
blydskap bra g’demp, re re-Afrikan’riser’ng, v’n Afrikaans,
“Boer-se-taal” se moer, Afrikaan’t, duid’l’k, lankal ’n plan,
op pad na Lewe Twee Idee, psigo-spiritueel, ’n eerste tree
v’r herwin, v’n G’wete, Mens se all’rlaaste kans,
ubuNtu, post-Gondwana, vir uitkoms in t’span,
uit’ng aan waard’gheidsb’wustheid weer t’gee
Jacobus Faasen

