onmin by Lonmin

  • 0

ammal derie bank, abaNtu, nes Biko, Holomisa,
bai’ na aan symste idee, Madiba s’n, fendêmmelieus,
grasieus, rojaallik, Mens, Millennium 3 Homo (Sap)2,
mede-Mens, Naaste, nie eintlik altyd op rustig-gemak,
m’t paparazzi-gedrag, Self-destruksie-psigose, reëel,
diep ingebed in ingebedheid, simbioties eksploitasie,
Mens Mens Self, mede-Mens inkluis, nes vir Skepper,
Duiwelspiek-dissipelsieklik, ultra-versubmissiveerd,
onderworpe, onderdanig, onderduims, ondergeskik,
aan sjatanslis, aan oorlogsnastrewing, uitroei van Eie,
van Waardigheid, alles wat voorheen so oulikies was,
in onskuld ontvang, nes kunswerk, uit kreëerdershand

eisj, Millennium Drie Krisis, kan net Mens Mens Self,
uit onkund’-ontkenningskunde-leefmodel, -paradigma,
verlos, bevry, emansipeer, aan eie oordeel oorlaat,
want Waarheid was nooit’s te nimmer al ’n leuen,
weet Mens, intuïtief, anie einde vannie mooi dag,
oppe wyse, wat almal tot voordeel strek, serieus,
veral vir Eerstes, ná allie millennia nog heel laaste

Sou Skepper Mens Wys, Duid’lik, Multi-Dimensioneel,
met Reg en Geregtigheid, Verifieerbaar Waarheid,
soos in al Sy Dokumente vervat, Zabalaza, Idee,
vanne Lewe Twee Visie, Skrif netjies teen muur,
sal Kjend, van Skepper, Ghoeroe, Almagtig Pater,
Ewolusie van Sy Idee, Paradys, Jena, hier op Aard’,
elke Mens volledig getakseer, waardig, na Waard’,
vir Ewig, sowaar, vir altyd, in Sy Liefde kan bly

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top