patriot, dodelik g’wapen, b’reid v’r b’leid t’stry,
bemidd’laar, ond’rhand’laar, kannittie kleinkry,
moord, doodslag, verwoes van infrastruktuur,
vóór missiellanding, teiken in allerfinale uur
vreet PTS, oorlogtrauma, oorlewende gaar,
vyand, stereotipies, tot “uitwisbaar” g’klas,
missiel kannie kleuter op ouerskoot g’waar,
net puin, waar daar intimiteit, vroeër, was
staar oorlog eie dood innie oë, weldra,
Hef Skepper sulke Self-destruksie op,
daarmee ook alle illusies vanne grens
te lank al’t Vader oorlogslustiges v’rdra,
moet struktuurg’welddad’gheid nu stop
(grootste wens van anti-oorlog-Mens)
Jacobus Faasen

