Ongetiteld

  • 0

In vergelyking
     het ek maar enkele woorde om oor die stilte van hierdie dag te praat
Maar
ek wil tog die soelte van die somersdag bespreek
en die son wat hoog in die lug gaan draai;
en oorhandig     aan jou
die reuk van die lug en sewejaartjies en boegoe op die stoep
wat wieg in die wind deur die berkeboom

die swenk en swaai van bergswaels
oor die lowe van die kloof
waar magriet en teerhout lepel lê
teen die gompou se grom
en die water 
loom deur die klowe glim.

dis die klanke van hierdie taal
wat ’n ou kwartet
oor die stilte van die dag sing.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top