Ongetiteld
En as ek in die verte staar voel ek die trane in my oog baljaar
Ek hoor jou woorde in my oordromme brand
Ek besef ek dra die letsels van jou gebroke woorde
ek voel die minagting en verdra die pyn
My ligaam betas deur jou woorde
en ek wens ek kon dans in die somerreën
Vergeet van die skete
Moet ek stof word en deel word van die lenteprag?
Miskien is daar meer vir my in die buitewêreld
as 'n wit glimlag en 'n lyfie vol been
Verlore eet van die seer
Ek wil hardloop deur die kosmos met die wind in my hare
As ek nie 'n pragstuk is nie, moet ek dan deel word
van die aarde se prag
In die samelewing, vereenselwig myself
met die idee van almal en als
Miskien is ek nie wat jy dink ek is nie?
Miskien is ek nie wie jy wil hê ek moet wees nie?
Maar kan jy my dan nie vir my aanvaar nie?
Is ek nie goed genoeg vir hierdie lewensverhaal nie?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


