Die Amerikaanse presidentsverkiesing is verby en Barack Obama staan steeds met die leisels aan’t hand.
Sy teëstander, Mitt Romney, die veelbesproke Mormoon, het bo verwagting suksesvol gepresteer.
Maar die verloop en uitslag van dié verkiesing in die mees vooruitstrewende, mees gevorderde land op die aardbol, met sy bevolking van meer as 314 miljoen mense, verteenwoordigend van haas elke nasie op aarde, vertel ’n baie diep, belangrike verhaal. ’n Verhaal waarin ons baie belangstel.
Obama is president van ’n land waar die amptelike motto steeds is, ‘In God We Trust’ - ironies, met ’n konstitusie waar openlike Godsdiensbeoefening in openbare plekke ’n taboe is. Dus, in die publieke oog is daar hierdie sekulêre staatsbestel, nie omdat sekulariste die botoon en voortou neem in Amerika, nie, maar omdat hulle die fasade van voordeel trek daaruit dat die Amerikaners in die globale oog, die voorvegters is vir globale minderheidsregte. Daarom reflekteer hulle wetgewing in sommige opsigte hierdie eienaardige oorbeklemtoning van sekulêre minderheidsregte, terwyl daar ’n heel ander dinamika in koukuskamers, die wandelgange en die lobbyiste se kantore, afspeel. Normaalweg is dit nie so duidelik sigbaar nie, ter wille van die Amerikaanse tradisionele fasade om die minderhede se regte voorop te stel.
Maar dinge het onherroeplik in die VSA verander. Obama is ’n ‘verligte’ demokraat, maar anders as sy tradisionele uit-en-uit sekulêre voorgangers. Obama, ’n boorling van Hawaii, is ’n Christen-gelowige by oortuiging en keuse uit ’n agnostiese en eerder, sekulêre, ouerhuis met ’n ateïs as vader en ’n stiefpa wat geloof en Godsdiens beskou het “as something not particularly useful”. Hy het baie sterk bande met die Christendom en staan openlik as sulks bekend. Hy is ’n man wat openlik sy persoonlike getuienis só bely “I am a Christian, and I am a devout Christian. I'm a Christian by choice. I believe in the redemptive death and resurrection of Jesus Christ. I believe that that faith gives me a path to be cleansed of sin and have eternal life. So I came to my Christian faith later in life, and it was because the precepts of Jesus Christ spoke to me in terms of the kind of life that I would want to lead—being my brothers' and sisters' keeper, treating others as they would treat me”. Hy is ’n gedoopte, gereelde en toegewyde dienende Christen en bedrywig by die Evergreen Chapel by Camp David.
’n Diep Christengelowige demokraat in Amerika. Hoe uiters ongewoon. Maar met die kandidaatsverkiesing van die demokrate het hy bo alle verwagting in, selfs die uiters gewilde glansryke demokraat-gunsteling, Hillary Rodham Clinton, ’n deurdagte sekularis en agnostikus, die loef afgesteek, tot verbasing van die ander demokrate. Obama se Godsdienstige bande is baie benadruk voor sy eerste verkiesing en hy het ’n geweldige groot gevolg onder gelowiges en minderheidsgroepe.
Maar Obama het baie druk van minderheidsgroepe ervaar gedurende sy ampstermyn en het uitsprake gemaak wat sy agtergrond as Christengelowige, verloën het. Normaalweg sou daar niks van kom in die oënskynlike sekulêre Amerikaanse publiek forum, nie – maar die teenoorgestelde het gebeur. Hierdie optrede van Obama het gedreig om hom te vervreem van sy gelowige bondgenote en selfs uit Afrika is grimmige gromgeluide teenoor hom gehoor. Sy openlike anti-Taliban en anti-ekstremistiese Islam standpunte het egter die druk op hom effens laat afneem en sy steun weer matige laat toegeneem en hy het gaandeweg weer subtiel afgesien van sy sekulêre uitlatings.
Baie belangrike verkiesingsondernemings wat hy gemaak het, byvoorbeeld oor dié soos die Amerikaanse onttrekking uit Afghanistan, die sluiting van die berugte Guantanamo-baai militêre fasiliteit op Kubaanse grondgebied en soortgelyke groot beleidsaspekte, kon hy net gewoon nie deurhaak nie en het mense gewonder waarom dit só is, terwyl hy sy bes probeer het om dit gestand te doen.
Vir die eerste keer is ’n presidentskandidaat opgestel wat as sogenaamde ‘fundamentalistiese’ gelowige bekendstaan – Mitt Romney. Hy is, nes Obama, nie benoem, nie, maar verkies tot die Republikeine se kandidaat. Mense wêreldoor was verbaas oor die verkiesing van só ’n ooglopende kwansuis Christelike ‘fundamentalis’, soos die ekstreme sekulariste hom lawaaierig toegesnou, het. Kommentators het gemeen dat hy juis daaroor ’n vernederende nederlaag teen Obama sou ly in die aanloop tot die verkiesing – hy was uitgekryt vir ’n nikswerd teëstander.
Met die aanvang van die verkiesing se voorbereidings, so anderhalfjaar voor die verkiesing, het Obama se raadgewers hom gewaarsku om nie verder sy vaste geloofsverbintenis en gelowige ondersteuningsbasis te vervreem deur die sekulariste en liberaliste te probeer paai met retoriek wat hulle tevrede stel, nie. Obama het ag geslaan en sy anti-Godsdienstige paaiery van die liberaliste en sekulariste het subtiel en stelselmatig afgeneem.
Almal was egter verstom verbaas, toe die kampanjes in die aanloop tot die verkiesing aandui dat Romney geweldige steun het en dit geen uitgemaakte saak is dat Obama sal oorwin, nie. Romney, Mormoon soos hy is, het die steun van meer as 46% van die Amerikaanse kieserskorps geniet. Die Mormone maak na raming net meer as 2% van die gelowige Christenkorps in Amerika, uit.
Obama het sy verkiesingstaktiek aangepas en baie seker gemaak dat hy nie die oorweldigende groot korps van Christengelowiges aanstoot gee, nie. Hoekom is dit belangrik om nie die Christene te vervreem, nie? Omdat die Christendom in Amerika meer as 78%, dus ongeveer 244 miljoen mense, van die Amerikaanse bevolking verteenwoordig. Obama het dus weer in lyn gekom met sy eie geloofsoortuiging as Christen. Trouens, hy het sy verkiesingsveldtog afgesluit met ’n dinamiese toespraak en die laaste woorde van sy veldtog wat weerklink het onder luide toejuiging, was “God bless you! God bless America!” – en dáármee het hy openlik sy persoonlike voorkeure as president te kenne gegee, op die mees kritieke oomblik wat hy dit maar kón doen – die vooraand van die verkiesing. As sy ondersteuners sekulariste en liberaliste en ander agnostici was, sou hy daarmee hulle van hom vervreem – dié seënwens was lynreg teen die trant van die uitsprake wat hy net bietjie meer as ’n jaar gelede gemaak het toe hy nie eens na God se Naam wou verwys, nie, in ’n poging om sekulariste te paai.
Na die verkiesing, was kommentators verbaas oor die absolute skielike swaai in Obama se guns, op die verkiesingsdag, want die uitslag was nie in ooreenstemming met die meningspeilings wat tot pas voor die verkiesingsdag gemaak is, toe Romney, Mormoon of te nie, absoluut kop aan kop met hom was, nie. Daar word gemeen dat Obama se openlike seënwense aan die einde van sy finale toespraak, die swaai gebring het van gelowiges wat toe eerder vir hom stem as vir die Mormoon.
Die Mormone het ’n baie kontroversiële benadering tot hulle Christenskap wat baie ander Christene huiwerig maak om te nou met hulle op Godsdienstige vlak te assosieer, veral hulle gelykstelling aan die Bybel van die Book of Mormon en sommige van die leerstellinge daarin en ook sekere van Joseph Smith se werke, asook sommige van hulle se volgehoue poligamiese gebruike. Dit is waarskynlik waarom daar eerder ’n skielike swaai na Obama was, toe dié weer sy prioriteite so openlik uitgespreek het in die eindiging van sy laaste verkiesingstoespraak.
Verder opvallend is Obama se eerste toespraak na sy verkiesing – sy aanvaardingstoespraak. Daar het hy onomwonde te kenne gegee dat hy met Romney gaan assosieer en Romney gaan betrek by finalisering-deurvoering van beleid, want hy besef dat hy die republikeine se steun onder Romney nog het as hy sinvol en effektief sou wou regeer. Nog meer insiggewend is dat Romney, is sý toespraak, die toegee-toespraak, dit ook duidelik gemaak het dat hy nouer sal saamwerk met Obama “for the sake of our nation” … nadat ook hy in sy kampanje-toesprake bevestig het dat die onttrekking uit Afghanistan, byvoorbeeld, gefinaliseer moes word.
Nou is dit baie duidelik waarom Obama sekere sleutel beleidsaspekte nie kon deurvoer nie – hy had die stem en ondersteuning van die republikeine daarvoor nodig om wetgewing te passeer en kon dit nie kry, nie. Republikeine is konserwatiewe Amerikaners met hoofsaaklik ’n Christelike geloofsoortuiging, terwyl die demokrate politieke huisvesting bied aan die sekulariste, agnostici en meer liberale Christene en ander religieuses soos die Joodse Judaïste en Boeddhiste. Sonder steun van ’n aansienlike aantal Christene, sal geen demokratiese kandidaat ’n verkiesing kan wen nie en ook nie wetgewing kan deurvoer nie, want die republikeine het die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers.
Die punt is dat die miljoene der miljoene Christelike gelowiges die weg van en die verkiesing van die Amerikaanse president bepaal, het. Die bewerings dat jongmense in Amerika nie Christene is, nie, is dus ’n versinsel en propaganda-truuk. Daar is ’n massiewe kieserskorps onder hulle en meeste van hulle maak deel van die meer as 78% van die bevolking wat Christene is. Die skrif is aan die muur vir die sekularis wat dink hy kan verbysluip in die politieke arena sonder om die geloofsreus, die Christendom, te ontwaak …
Vir die eerste keer, omdat die gelowige kieserskorps van Amerika dit so wil en hulle steun agter twee gelowige presidentskandidate gegooi het, is daar twee invloedryke, gelowige mense, die demokratiese president en sy republikeinse eweknie wat sy teëstander was, in ’n informele koalisie gaan werk tot die voordeel van die volk.
Daarom kry ek die arme plaaslike agnostici – die wat al op hierdie forum kommentaar gelewer het oor die verkiesing– eintlik jammer weens hulle gebrek aan insig en relevansie. Hulle wat die werklikhede omtrent die mag van die Christendom en die geloof in God, probeer afmaak met hulle sinnelose maar gebruiklike persoonlike aanvalle op God en gelowige, sonder om ’n enkele sinvolle kommentaar te lewer. Min besef hulle hoe verkeerd hulle, is. Hulle insiglose gekrys beklemtoon hoe hulle midde-in ’n situasie staan, maar net nie die vermoë het om dit te evalueer vir wat dit werklik is, nie.
Amerika het meer as 314 miljoen inwoners. Die oorgrote massa meerderheid van hulle is gelowiges, meestal Christen-gelowiges. Uit hulle geledere kom die oorgrote meerderheid slimkoppe en bekwames van oor die wêreld heen, op alle vlakke, wat Amerika hul tuiste gemaak het, wat van Amerika die magtigste en mees gevorderde, dinamiese, vooruitstrewende land op aarde maak - mense wat die naamlose, effeklose ou klompie agnostiese geraasmakers op hierdie forum met die groot snaters, sinnelose stellings en inhoudlose argumente, báie vêr in die skadu stel, op elke vlak van die samelewing.
Dit is hierdie massa gelowige mense wat besluit het dat hulle hul geloof sal laat geld … nie soseer in die openbaar nie, maar waar dit saak maak – daar in wandelgange, die lobbyiste se kantore en die koukuskamers waar al die groot en belangrike besluite geneem, word. Terwyl die sekulariste, liberaliste en ander agnostici hulle blind staar teen ’n paar minderheidsregte fopspene om hulle stil te hou, tipies sonder dat hulle agterkom wat werklik aangaan en besig is om te gebeur om hulle heen.
Wat gebeur? Die magtige, massiewe Christelike Godsdienstige reus is besig om te ontwaak. Hy het in Amerika nog net begin regskuiwe om op te staan … dit is waarom daar nie meer spasie vir lou-gelowiges is, nie. Wanneer die reus in tyd opstaan, sal die loues afval, omdat hulle op die draad sit en straks onder die voete beland – Obama het dit net betyds agtergekom. Dit het ’n kwansuis ‘fundamentalistiese’ Romney gekos om dit uit te wys – die magtige Amerikaanse gelowige kieserskorps het dit met die mag van hul stemme beaam – vir hulle was die keuse uiters maklik – daar was twee gelowige kandidate. Hulle wou nie ’n sekularistiese, agnostiese Clinton hê, nie. Hulle wil ’n Christen-gelowige aan die stuur van sake het en het daarvoor gesorg.
Niemand het nog geleef, as hulle nie met God leef, nie. Óns weet dit.
Niémand moet die Krag van God en die Weë van God, onderskat, nie.
Volgende, op SY tyd, is Sjina.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Beste Kobus
’n Puik uiteensetting. Alhoewel ek met ’n paar goedjies nie sal saamstem nie, het jy ’n feitlike analise gedoen. Ek reken jou sterk punt is eerder politiese analise.
Jaco Fourie
Hello Jaco
Ek stem saam met jou dat hierdie een van Kobus se "beter" briewe is. Is dit egter nie duidelik dat dit nie sy eie insig en werk is nie? Die algemene styl van die brief is heeltemal anders as waaraan ons nou al gewoond geraak het. Ek is oortuig daarvan dat Kobus hierdie stuk êrens gelees het, seker in Engels, dit toe vertaal het, en hier op LitNet kom plak het as sy eie. Met natuurlik die mislike KdK-intelligensie-stelling ingedruk hier en daar (bv. "Daarom kry ek die arme plaaslike agnostici – die wat al op hierdie forum kommentaar gelewer het oor die verkiesing – eintlik jammer weens hulle gebrek aan insig en relevansie...").
Soos jy, stem ek ook nie saam met die gevolgtrekking van die brief nie, maar moet tog erken dat dit ten minste ’n argument probeer ontwikkel. As hierdie Kobus se eie werk is, sal dit ’n eerste keer wees dat so iets gebeur. Ek sal baie verbaas wees as dit wel die geval is.
Chris
Jy's maar werklik baie desperaat, Chris. Meer as wat mense besef ...
Toemaar, ons weet hoekom julle aanklank vind. Politiek is iets alledaags en dit is iets wat julle darem so ietwat kan begryp en assimileer. Daar is werklik geen uitdaging aan verbonde om iets daarvan te begryp nie. Daarom dat julle so bietjie kan volg wat ek skrywe.
Maar natuurlik gaan die sentrale boodskap van die werking, ook in die alledaagse lewe op die 'hoogste' vlak, van die invloed van spiritualiteit en die werking van geloof in God, ook op sekulêre vlak, by julle verby en verstaan nie een van julle iets daarvan, nie, terwyl dit die belangrikste punt van my artikel, is.
Jaco het dit op ’n volwasse manier probeer hanteer (maar moenie asem ophou nie, sy pogings hou nooit lank nie), maar jy kry dit nie reg om selfs net tydelik te ontsnap van jou onvolwasse intellek en emosies nie.
Al die leeswerk wat jul so intensief doen om julself mee te probeer 'ophef' en blinkvryf om kwansuis te wys hoe intellektueel julle is (dit doen nie – dit dui gewoon net aan dat julle kan lees en nie self kan dink, nie en meer dikwels as nie, ook nie reg kan verstaan wat julle lees, nie), maar sonder goeie gevolg, laat my werklik dink aan die ou geykte gesegde dat jy vir ’n aap mooi klere kan aantrek en ’n blink ring kan aansit, maar onder dit alles bly dit steeds aap. Ironies dat die gesegde ook so nou aansluit by julle geloof oor die herkoms van die mens – maar nie toevallig, nie.
So, ja, dit is ek wat die artikel geskrywe het, maar ek skrywe baie selde oor politiek en hierdie keer het ek dus oor ’n onderwerp geskrywe wat nie so geheel en al bo jou vuurmaakplek is, nie, en waarvan jy ten minste die politieke tema van kon begryp, in teenstelling met my ander skryfwerk van gewoonlik wat oor sake Gods handel en waarvoor jy mos, soos ons nou al talle male vasgestel het, geen begrip of vermoë voor het, nie. G’n wonder dat jy dink iemand anders het die artikel geskrywe, nie – jy is so gewoond dat die dinge wat ek weergee in my skryfwerk bokant jou vuurmaakplek, is, dat jy meen iemand anders het geskrywe as ek iets skrywe wat jy ook kan begryp.
Jy sien, gelowiges is weens die Goddelike gawe daarvan, tot vrye denke in staat, anders as julle agnostiese papegaaie wat gedurig ander se brein- en sielsvrug hier kom weergee omdat julle nie tot onafhanklike denke in staat is, nie. Hoeka daarom dat jy dink ek doen dit ook. Jy weet mos nie van beter, nie.
Kobus de Klerk
Hoe sal ons ooit weet wie die brief hierbo geskryf het? Dit help nie om Kobus te vra om sy hand op die Bybel te sit en dan te sweer dat dit sy eie werk is nie. Hy dink niks van 'n leun, hand op die Bybel of nie.
Jy raak nou pateties, Chris.
As jy sulke wilde bewerings maak, sonder enige gronde, waarom sal enigeen hulle nog aan jou steur, behalwe die wat net so desperaat soos jy is? Boonop, niemand gee werklik om wat jy oor die saak dink, nie, want dit maak geen verskil aan wat ek geskrywe het, nie.
Kobus de Klerk
Wat betref die argument wat jy of wie ook al maak: Dit is ’n desperate rasionalisering van ’n verkiesing, en ’n uiterste teleurstelling in die resultaat, wat die begin van die einde van evangelistiese fundamentalisme bevestig. Fundamentele geloof het ’n kruin bereik onder die Bush administrasie en van hier af is dit al die pad afdraand. Godsdiens gaan seker altyd ’n rol speel in Amerikaanse politiek, maar dit sal nooit weer net kan speel vir die konserwatiewe regterkant en hoop om te wen nie.
"Die magtige, massiewe Christelike Godsdienstige reus is besig om te ontwaak". In jou drome! Wat eerder sal bebeur is die ontwaking van duisende Christelike Godsdienstige dwergies wat effektief mekaar gaan uitkanselleer en ’n minimale effek gaan hê op politiek. Kom ons noem dit 'Die Groot Verbrokkeling'.
Die enigste desperasie is maar by jou te vinde, Chris. Wat ek geskrywe het, is feit – kan jy dit ontken?
Daar is deur die kieserskorps van Amerika, tussen al die sekulêre kandidate wat daar tydens en sedert die Bush-era was, twee uitgesproke Christen gelowiges uitgesonder en hulle het hul keuse tussen die twee gemaak. Is daar iets meer duidelik as juis dit? Kan jy dit straks ontken?
Dan is jy ook maar weer vasgevang in jou eie sindroom. Presies in teenstelling met wat jy te kenne wil gee, het Bush juis die keerpunt gebring! Die paar sekulariste het nou wel ’n verskriklike, sinnelose bohaai opgeskop (ons ken julle maar so) oor die gelowige Bush, maar soos ons al so dikwels in die verlede gesien het, was dit als geraas en geen byt – so ’n gekletter van ’n klompie leë blikkies agteraan ’n karretjie wat sommer rigtingloos rondjaag – maar, soos dit maar is met julle, het niemand hulle werklik aan die sinnelose agnostiese geraas en gekletter gesteur nie. Die tragiese ding is dat julle deur julle eie sinnelose geraas julself 'oortuig' het van dit waaroor julle so oor Bush gekletter, het.
Bush het ’n wreedaardige despoot en internasionale terroris in die persoon van Saddam Hussein en sy seuns onttroon. Oor die algemeen is die wêreld hom daaroor dankbaar. Julle skreeu en raas daaroor, maar dit is al wat dit is – geraas. Wie steur hulle aan die agnostiese geraas? Dis lastig, maar dis al. So is brommers ook...
So het Obama van ’n ander soortgelyke wreedaard en internasionale terroris ontslae geraak – Osama Bin-Laden.
En jy? Jy is te insigloos om dit agter te kom – sedert Bush en daarna, was deur deur die Amerikaanse kieserskorps net Christen gelowige kandidate benoem en gekies.
In die lig van bogenoemde is jou desperasie om jou sinnelose agnostiese sin te kry met alles, so duidelik en is jou doemprofesie eintlik gerig teen jou eie groepie – daardie groot verbrokkeling. G’n wonder jy verstaan weereens nie wat elk skrywe nie – en ek dog nogal gedink dit gaan makliker wees vir julle om te verstaan en in te sien...
Terloops, ek sien jy probeer deesdae allerhande profesieë oor die Christendom en gelowiges uitspreek – het jy intussen negatief spiritueel geword en jou tot die okkulte gewend? Lyk mos vir my so – terwyl dit op jou en jou soort self., boemerang. Hoe nutteloos is jou pogings, nie – maar inderdaad als deel van daardie knaende, verterende selfdesepsie sindroom waaraan julle ly.
Kobus de Klerk