"onderdrukker"

  • 1

nie net Mens wat slaap, op troon,
in direksievergaderings, op Google,
streetwise, Groupwise, Microsoftlik-sag,
vingers so vlugtig laat dans oor geliefdes,
geliefde-woorde, geliefde-idees, geliefde-geld,
wellustig geldwasmasjienkoper, ultra-uitbuiter

a-ja-a, Beurs, kragbron van Kapitaal, Super-Mag,
van “Duiwelspiek”-aanbidding, demoonverafgoding,
van oorlog, van bondgenootskap, vervirusifisering,
uit oor afgrond, Self-destruktief, nes Gadara-swyne

hayi, onderdrukkers manifesteer in veelvuldig vorme,
leef sonner norme, verkoop Afrika, verkrag eie Moeder,
verlustig hul in onkunde-ontkenningskunde, kapitalisme,
bou selfs standbeelde van bulle en bere, Mammonisties,
presies nes’t superioriteitsindroomstudente sou betaam

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top