"Onder straatlig" deur Jaco Eloff

  • 0

Vers 1:
My gedagtes deurmekaar
Van vrae en geraas
Van wonder oor die lewe
Verdwaal in die waas

Ek verstik aan rook
Die geselskap is leeg
Drank genees niks nie
Tyd om aan te beweeg

Die nag is donker
Die maan verdwyn
Maar in die straat
Is straatlig wat skyn

Refrein:
Onder straatlig
Het ek my antwoorde gevind
Onder straatlig
Het wit lig my verblind
Onder straatlig
Het ek betekenis gekry
Onder straatlig
Was ek bevry

Vers 2:
Vars buitelug
Deur my wese vloei
Die straat se stilte
Laat my siel bloei

Tree vir tree
Aanhou loop
Stadig maar seker
Vul my hart met hoop

Refrein:
Onder straatlig
Het ek my antwoorde gevind
Onder straatlig
Het wit lig my verblind
Onder straatlig
Het ek betekenis gekry
Onder straatlig
Was ek bevry

Vers 3:
Onder straatlig
Is my pad verlig
Onder straatlig
Draai ek nooit weer terug

Refrein:
Onder straatlig
Het ek my antwoorde gevind
Onder straatlig
Het wit lig my verblind
Onder straatlig
Het ek betekenis gekry
Onder straatlig
Was ek bevry

Refrein:
Onder straatlig
Het ek my antwoorde gevind
Onder straatlig
Het wit lig my verblind
Onder straatlig
Het ek betekenis gekry
Onder straatlig
Was ek bevry

Vers 4:
Stap jou straat
Wees lig
Kind

Onder straatlig
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top