onbewapen en weerloos

  • 0

geestelik versterk, tot weerbare,
Naaste militaristies te moet haat,
Mens so dikwels Mens Self, Eie,
op sjatanistiek, van sjatan, verlaat,
boosheid as rolmodel, t’modelleer,
kinders van kleins af, nie reg t’leer,
verswyg, lat Mensdom iets ergs,
verskrikliks, aakligs, knaend, eish,
ultra-ontstellend, vreesaanjaend,
dorstreekhertlik siel, verkonfuus,
spiritueel, Gewete-loos, ongelowig,
on-Menslik, tsunamies-onhistories,
Millennium Drie Homo Sapiënties,
Sapiens, inne allermoerslik penarie:

sterf straatmense op straat, aangehoudenes sonner verhoor,
wen net voorheen-bevoorregtes, benadeeldes aan’t verloor,
meerderheid se wil ongewild, minderheidsgewilligheid afwesig,
bly eerder heeltyd besig, Naaste-Liefde, Gewete-loos uit t’roei,
onspiritueel, van Waarheid, Liefde, Geregtigheid, leeg t’bloei,
sonner raat of raad; oor Godheid, Skepper, word darie gepraat,
swyg amnesioniste amnesieus, onkund’-ontkennend, sêrris laat,
Guantanamo-baai, Eerste Mens se Waardigheid, onnerrie mat in,
haai sonne, Mens, lat Mens so seer serieus onsoepel, anti-Menslik,
onhumanitêr, onbekommerd, oor Krisis, seer hartseer, gevangenskap,
oor medemens se onmenslik swaarkry, hlopekha, Groot Trek, tswempoe,
onmenslik pyn-‘n-ellend’, fisies, sosio-ekonomies, niks lekker,
vir Skepsel, mede-Skepsel, vir enigiets anners op dees Aard

saai aaire, verrerer, verder, ultra-super-Gewete-loos,
yslik-ysig, kil, “Duiwelspiek”-siekte, “ras”- en “klas”-illusies,
domnooslik persepsie, lat visie, missie, rêrig, eg, realisties,
Waaragtig, Ultra-Verifieerbaar, Waar, vir meerderheidswil,
minderheidsvreesaanjaendheid, by verstek, wetenskaplik,
noggie gereed, vir U, Gereedheidstoets, vir U Legimiteit,
U Pre-Gedetermineerd’ Kreasie, issie,
té ongelowig, bewerig, so vasgevang,
in Self-bepland’ Projek, Self-destruksie,
Waarheid, sowaar, veel erger as fiksie,
veral as Lewe Twee noggie agendaïsties,
in boksie, “dinge om te bereik”, afgetik is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top