"Onbekend" by Nicole Vergottini

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Die tyd stap aan die horlosie tel af
Ons beweeg in lang lyn na nêrens
Branded clothing maak ons skyn
’n Paar drankies maak ons wys

Vers 2:
Die dae raak lank en nagte kort
Ons beweeg in a lyn om oud te word
Gevlekte siele maak ons deurskynend
’n Melodie laat ons vergeet

Refrein:
Trap my vas in my spore
Onthou wie ek was en wie ek is
Ek wil lewe en groei en lief hê
Ek wil val en opstaan en my sê sê

Vers 3:
Die jare hardloop verby ons
En ons kyk vas in die stof van gister
Shiny bracelets maak ons splinternuut
En ’n update maak ons uitgesproke

Brug:
Ek kyk deur myself ... Ek kyk deur my vensterbanke
Ek ken nie myself ... Oorval met die liggies van die nag

Refrein:
Trap my vas in my spore
Onthou wie ek was en wie ek is
Ek wil lewe en groei en lief hê
Ek wil val en opstaan en my sê sê
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top