Die Christen het darem ’n yslike probleem as hy sy Bybel lees. Hy word gedwing, weens die inhoud daarvan, te ‘cherry pick’. Dan het hy nie veel van ’n keuse nie, want die Bybelboom se goeie vruggies is maar bra skaars; die meeste is maar net vrot en giftige appeltjies. Hy kan nie met boekevat sommer net die “Bybel oepeslaan en daaruit lies” nie. (Apologie aan Adam Small Kitaar my kruis.)
Miskien lees hy van stout seuns wat met klippe doodgegooi moet word, of dogters wat as slawe verkoop moet word. Maar nou ontstaan die vraag: neem die boekevatter nie maar die rol van God oor as hy so ‘cherry pick’ en net psalm 23 of 121, of Johannes 14 lees nie? En dan nog ’n verdere vraag: as die Bybel voorskryf dat stout seuns gestenig moet word, en dogters verkoop moet word, en die pa weier om dit te lees en gehoor daaraan te gee, wie bepaal dan die moraliteit? God en geloof, of die pa?
Christene moet dus maar noodgedwonge ‘cherry pick’ as hulle Bybel lees, anders kry hulle te veel distels en dorings in hulle se mage.
Groete
Angus

