Om te boikot of te not

  • 0

Die herrie om Woolies te boikot of te not het nog nie lekker by my pos gevat nie. Ons kan nou raas en blaas en geen Woolies se muur gaan omval nie. Ek stem nie saam met die arbeidspraktyk wat die mense toepas, deur voorkeur te gee aan die demograwe nie. Myns insiens weerspreek die hele swart bemagtigings-wetgewing die sogenaamde beste konstitusie in die hele heelal. Sover my kennis strek mag daar teen niemand op enige vlak diskrimineer word nie. Die regime weerspreek hulle in elk geval op alle vlakke van die samelewing.

Ek het die raad lank terug van ’n senior kollega van my gekry. Hy het gesê, "gebruik die burokrasie tot jou  voordeel". Dit werk, jy moet net weet hoe. Ek is besig om stelselmatig te leer.

Ek is net bekommerd oor die boere/verskaffers (’n wonder die woord is ook nog nie as rassisties identifiseer nie). Wie gaan die produkte eet?

Iets wat my ook opval. Daar is ’n ander minderheidsgroep in die land wat gedurig sulke banale stellings maak dat sekere openbare maatskappye nog in wit Afrikaner mans se hande is. Dit is waar, maar ’n gevaarlike stelling en is die lotjie gewoonlik verantwoordelik vir opstokery en verdagmakery. As ek dit nie mis het nie, word sowat 60% van die genoteerde maatskappye in die land deur "Afrikaners" besit. (ek mag verkeerd wees)

My persoonlike ervaring van Woolies is dat ek hulle in der dag des lewens nooit wil boikot nie. Ek en my huidige vrou gaan Saterdae gereeld soontoe. Sodra ons daar instap ondergaan sy ’n persoonlikheidsverandering. Ek los haar dan op vrye voet en sy drentel en draal daar vir so lank as wat sy wil rond. Sy is behoorlik in ’n trans. Na ’n lang ruk gaan haal ek haar. Sy het dan drie of vier artikels gekoop wat ons kan bekostig en siedaar, sy is heeldag in ’n goeie bui. Woolies is soos ’n goeie sielkundige met die regte handelswyse. Die Ingelse noem dit "retail therapy"

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top