Om God te bespot

  • 2

Ek verwys na Augus se "geskiedenis van die Christendom".

Augus

Wie dink jy is jy om die Almagtige God wat hemel en aarde geskape het en Sy Seun Jesus Christus so te verkleineer, te onteer, met jou walglike brief?

Galasiërs 6 vers 7: God laat hom nie bespot nie.

Paulus praat van jou in in Hebreërs10: 26 tot 31: Pasop dat jy nie in die hande van die Lewende God val nie.

Ek sê pasop dat God jou nie met blindheid en pynlike krankheid tref nie.

Galagrian

  • 2

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Kom nou, is dit die beste wat jy kan doen? Dit is die argument wat jong seuntjies gebruik as hulle 'n geveg verloor: "Ek gaan my pa vertel en dan gaan hy terug kom en jou pa slaan."

    Die liefde wat Christene dink hulle versprei word gewoonlik meer as uitgebalanseer/uitgekanselleer deur dreigemente van siektes en die hel. Wat jy hier bo sê verskil van Kobus de Klerk se verwronge waardes slegs in intensiteit. Dink mooi oor wat dit sê van jou, kyk na die voorbeeld van Kobus de Klerk en vra jouself of dit die persoon is wat jy ondersteun en waarmee jy jou geloof wil deel. Herinner jouself daaraan dat hy die werf domineer en homself voorhou as jou stem!

    Ek stem nie noodwendig saam met hoe Angus die geskiedenis van die Christendom interpreteer nie. Ek sien ook nie die invloed van godsdiens op die samelewing as net negatief nie. Maar ek sal, as ek sterk genoeg voel daaroor, kom met teenargumente en nie met dit wat jy as goed genoeg beskou nie, die pestelensies van God, om jou posisie te 'verdedig'.

  • Siektes tref enigiemand, of jy nou 'n dominee of ateis is, of jy  god aanbid of hom bespot. Wat in die Bybel staan is geskryf deur woestynbewoners 4000 jaar gelede. My brief was bedoel om uiters walglik te wees, net om te wys dat ek absoluut geen respek het vir die Christen se lewensbeskouing nie, net soos hy ook geen respek het vir my lewensbeskouing nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top