Om ander te oortuig?

  • 0

Na jare het niemand nog geslaag om KdK van opinie te laat verander nie en het KdK nog NOOIT ’n enkele "bekeerling" met sy verbale diaree-tirades gemaak nie. Wat is die nut van sulke sinnelose, nuttelose spasie mors op ’n webblad? Ek meet tog my bestaan aan die geldende 2012 SA samelewingnorme en nie aan wilde spekulasie nie. Ek skryf oor kerklike sedelike oksimorone, want dit het ’n impak nou op my lewe, bv die buite-egtelike Jesus konsepsie wat ’n kerklike "wonderwerk" is, terwyl Maria en die "heilige gees" nie wetlik getroud was nie. Saambly word nog negatief deur kerke in 2012 geoordeel. ’n Buite-egtelike kind dieselfde. Die satan praat waarheid oor eet van "boom van kennis van goed en kwaad"? Jy moet jou huwelik op ’n Jesus-manier leef, tog is dit ’n man beskryf sonder seksualiteit wat nooit getroud was nie? Dit bly kerklike oksimorone en klaar.

Hans Richardt  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top