Dis ’n wonderlike manier om jou eie tuin te beleef! Slaan ’n twee-man-tent in jou lapa op en beleef al die besoekers van laksman, suikerbekkie, grootooruil, piet-my-vrou, kokkewiet, muisvoëls, toktokkies, streepmuise, ja, selfs hardegat dikstert geel skerpioene! Dan die middernagtelike nagereg, honger springbokke in lusern in damme rondom bome en die vlermuise! Dis ongemaklik in wind en weer, maar ’n ervaring! Die 2 konyne wat êrens weggeloop het, kom slaap langs tent! Die bure se honde blaf as ek kwaai snork! Helaas, die fokkers wat kom kyk wat hul kan steel! Die een heining het ek vol "fire thorn" geplant, wat onkruid was en nou weer wettig! Stadige geharde groeiers en myle beter afskrikmiddel as lemmetjiesdraad! Brand soos vuur as dit jou steek! Dalk vinnige groeier in Gauteng of waar weer meer gematig is, met nie uiterstes in somer en winter nie! Dit lok ook voëls met vrolike oranje en rooi bessies! Skynbaar is die geelbessie-een onwettig.
Hans
Kommentaar
Wel, Hans, die foto onderaan sê duidelik dat jy nie die sentimentele tipe is nie. Een van die beste "punch lines" wat ek op LitNet al gesien het.
Hans
Hoekom vang jy 'n streepmuis in 'n valletjie? Dis mos 'n inheemse muisie en nie regtig 'n pes nie!
Ag nee Hans
Ek dog jy gaan nog meer voël foto's wys, asook van die ander diere. Wil dit graag sien! Jy praat my taal. Waarom nou die kleine onskuldige muis wys? Hy sou nie baie kos ge-eet het nie. Is die voël se foto van jou af, vanuit jou tuin, of het webvoet dit daar geplaas?