kan Mens eintlik maar net droom, vanne rewolusie,
te dik in struktuurgeweld, slinksheid, agteraf oorlog,
“Duiwelspiek”-klone op onkund’-ontkenningsveldtog,
re Skepper, umDali, nog glattie gehorie, van Sy Visie
verg’t padlangs praat, straight indaba, suiwer Waarheid,
gat’t beroerd, kop-bo-besoedeld-water-hou, troebelheid,
skiet orals net saad, loot en spruit vannie neo-apartheid,
pornografies vasgedobbel, inne opper-immoraliteitsbeleid
sonner integri-, legitimiteit, mede-Mens, Naaste, nie gespaar,
JSE-mentaliteit, ongelyk speelveld, leuenaars almal inne laer,
info weerhou, oor Binnekringlidmaatskap, Heer se Hemelskaar
sal Mens’t, soos inne wedloop, heel reg by’t begin moet begin,
Siel-Gees-Gewete, Mens-wees, geïntegreerd, post-Herwinning,
Millennium Drie Londen Spele-tyd, vir medaljeloos Oorwinning
Jacobus Faasen

