Olie en vuur
As ek terugdink aan die begin van als,
Lui daar skielik nou ’n klokkie vals
Ons moes toe al van beter geweet het
En alles net daar en dan vergeet het
Koor:
Want ek en jy is olie en vuur
Die prys vir ons was nog altyd te duur
En nou’s dit tyd dat ons moet erken,
Dat die wêreld die een gaan wen.
Soos ’n mot het ek jou vlam gevind,
Ek was vir die pyn nog heeltyd blind
Maar nou’s my vlerke te veel geskroei
En ek’s moeg daarvoor om altyd te bloei.
Ek weet ek het jou ook verniel,
Ek sien die littekens aan jou siel
Ek was soveel minder goed as kwaad
Ja die spyt kom altyd veels te laat.
Hier aan die einde waar ons nou staan
Is daar plek vir nog net een traan
Want in die plek van vuur is daar nou as,
En ek mis al klaar dit wat ons was
Want ek en jy is olie en vuur
Die prys vir ons was nog altyd te duur
Ons wou nie maar ons moes dit erken,
Die wêreld het die een gewen.
![]() |



