Of so iets
Dis laat in’ie straat Sondagaand nuwe maand
Het die kaart in’ie hand, sigaret aan’ie brand
Soek’ie plek om’ie hoek het die naam in’ie boek
Mis die afdraai, vloek, hier’s die plek wat ek soek.
Hotel, hou stil,
Sluk maar nog ’n hoofpynpil,
Diep asemhaal soos ’n senuweewrak
Hol kol op’ie maag soos ek staar na die dak.
Nog ’n onbekende onbeminde stop
Op’ie pad na nêrens halsoorkop
My hele lewe in ’n tas
Plus die klere aan my bas
Nie ’n hond of ’n kat om my op te pas.
Nie ’n hond of ’n kat om my op te pas.
Waar in’ie wye wêreld vind ek myself nou?
Wat het geword van my drome en’ie dinge wat ek wou?
Hoekom het die mense nie vir my gesê nie?
’n Mens kry nooit wat ’n mens wil hê nie.
’n Mens kry nooit wat ’n mens wil hê nie.
Kry maar ’n bier uit die hotel yskas
Staar uit die venster hou my kop vas
Niemand om te bel, niks om te vertel
F-all op’ie TV, welkom in’ie hel,
Welkom in’ie hel my pêl.
Hoekom het ek die pad gevat van storm en van drang?
My hart is vol my mond loop oor,
’n smaak van bitter en van wrang
Ek’s bang, ek verlang, ek draai die ander wang
Laat dit alles uithang, ’n swanesang
Uitgang onder dwang
’n tou, ’n stoel
Cheers, ek hang.
![]() |



