Oester, so op die “bankie”-tema

  • 0

Ek het so tydjie terug “steriele” hempsaad by voëlplaas gekoop vir my budgies. So gooi ek elke dag of 2 gemengde ou saad in pot plantsakke uit. Staan ek nou die dag en kyk, die hemp is toe nie steriel nie. Sien, dit wat tortelduiwe nie vreet nie, groei ek as groenvoer vir budgies. G’n wonder die tortelduiwe stap in en uit my huis soos dit hul pas. Ek het nou by verskeie voëlplase rondgekyk en hul verkoop almal. Seker vandaar die naam “papegaaislaai”? Ek wonder nog steeds oor waarom dit nie wettig geboer kan word nie, sonder permit van Dept van Gesondheid?

 

Hans Richardt

Brief versag. – Maggie 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top