Ek was erg die bliksem in. Ek het 3 boorpunte vir onder R20 gekoop. Wou 3 gaatjies boor. Eers buig die 5mm bore terwyl ek boor met my Bosch koordlose boor. Ek het nie ’n gat geboor gekry nie. Ek was redelik bedonderd. Dit was ’n lisensiehouer wat ek op my motorfiets se Amerikaanse plastiek gereedskaphouer wou vas “poprivet”. Ek moes toe maar ’n Europese boorpunt gaan koop vir meer geld. Les geleer met goedkoop Sjinese gereedskap, nes soos met bv skoene wat lostrek na ’n paar keer se stap. Hierdie kwaliteit wat ingeboet word ten koste van hoë produksie vir omset en mark oorvloed met gemors wat nie hou nie. Vra maar taxi-manne oor bv Inyathi vs Toyota. Die Europese idee van koop “vir leeftyd”-kwaliteit, word nou deur “gebruikersmark”, maw gebruik eenmaal en gooi weg, uit Sjina bedreig? Nee wat, ek dink dat hierdie verskynsel dit op ’n natuurlike wyse sal uitwoed. Europa is deur erger krisisse as huidige. Enige land wat ’n sosialistiese inslag van staat het ’n plig om bevolking finansieel te onderhou het, moet bankrot raak. Brittanje het ’n paar jaar terug hul beleid hieroor dramaties aangepas.
Hans Richardt

