"Oerknal" deur Franz Dullaart

  • 0

Oerknal

in die oerknal word
na baie kort
die ganse heelal
uitgestort

ons kennis
van die kosmos
van kwark tot kwasar
skyn kompleet

feite en teorieë wemel
soos snags sterre
aan die hemel

deur soveel weet
word ons verblind
die donker word vergeet

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top