skat van amagama, taal s’n, x-perimenteel aangevul,
hettittie net, ytie blues yt verskyn, ’s meerderheidswil,
u wortel-’n-tak-ontstaan, Moeder, gebind, aan Afrika,
Moeder, onlosmaaklik, aan Jena, Paradys, Gondwana
meeste Mens khuluma mos:”Niks seerder assie Waarheid”,
as’t waar, werklik, opperopenbarend, Mens se Geskied’nis,
struktuurgewelddadigheidsgeweld, so ’n onnodig’ ergernis,
kapitaallakeie gee, submissief, oor aan submissiveerdheid
def’nitief, pejoratief, phakathi, intlifizeyo, hlanga se hlungu, isiBhulu,
taal van apartheidsonderdrukker, Broederbonder, rassis, umBhulu,
identiteitskrisis, nes dié van ekonomie, ‘n super challenge inkhulu
niemand op Aard’ se taal soek apartheid, boersheid, goeie gort, hayi,
isi-Afrikaans’t eg, Afrikaans, ketools, kreools, versoenend uitgedraai,
sou Mens graag, Moeder, u Lof, u Eer, heerlik idolatries, wou besing
Jacobus Faasen

