o, liewe Tyd

  • 0

as’t nou eers Tyd, vir geheimenis wys, ontbloot,
vir regstelling, herposisionering van verhouding,
vir bekend maak van struikelblok, las, swarigheid
kanti, nie naastenby so erg blatant soos apartheid,
misdadigheid, soos ‘n onsigbaar virus innie bloed,
soos stokoud oud-stryder, nuwe mynbaas, heerser,
is, dan raak’t definitief nóú Tyd, vir Gewete t’herwin,
vir supersterkstes, onnerrie sterkeres, sjatan t’oorwin,
volskaals, grootskaals, globaals, neo-Tshwanetoriaans,
Waarde-herontdekkingstyd, Gods Allerheiligs Waarheid,
Homo Sapiens Sapiens se geskiedenis, van toekatyd af,
verslag, volledig’ verlede, stuk-stuk te boekstaaf, so waar,
te handhaaf, soos ‘n legitiem verhaal, ultra-verifieerbaar

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top