o, liewe azania

  • 0

of u nu “Moeder”, offe “moeder”,
“moer”, of u nu ’n godin, prinses,
halfbloed, volbloed, baster baster,
ondertrouer, interkultuurkuurder,
vermenging van Afrika, Asië, eiland,
ietsie van elke windrigting uitmaak,
tiksel “duusman”, bietjie “baas” da’by,
Self Self b’sef, liefde’s alleruniverseel,
ong’ag agt’rgrond, herkoms, kultuur,
niemand superieur, niemand inferieur,
naai, hele spul’s mos maar net Mens,
nes Skepper ’T Sou Wou Saamflans

streng volgens drif, lus, drang, jarsheid,
soeke na ontdekking, ontdekking van ervaring,
ervaring van onbekende, eksotiese, mitiese,
meelewing met annersoortigheid, andersgeit,
nuwe volk, nuwe ras, nuwe Mens, saamg’voeg,
inkommer eenkant, inheemse hiervandaan, een,
Mens en Mens, umNtu en umNtu, tesame abaNtu,
Mens mede-Mens, bloedg’lyke, bloedrooi van binne,
asem, moya, van God se Moya gee, vol spiritualiteit,
suurstof van Menswees, in ieder rooibloedliggaampie,
in elke sel, in elke orgaan, in elke liggaam, elke Mens,
hy en sy, hul lewens oppe altaar vir m’kaar sou plaas,
polities, ekonomies, psigo-spiritueel, fisies, Sapiënties,
reëls, regulasies, wette, gebooie, verorderinge oortree,
iedere liewe een, net aan dié vannie Liefde gehoor gee,
sonner diskriminasie, teregwysing, enige onnerskeiding

skenk Mens Mens se taal, kultuur aan m’kaar, responsief,
allie geure, sillabes, kleure, wendinge van haar liggaam,
kulturele voorskrifte van Millennium Drie Lewe, eish, ja,
Mens meer Amerikaner as gringo self, nogal hier in Afrika,
selfs weë vannie hart vol van rooiblou sterre plus strepe,
selfs rolprentsterre van Ooste smag na Hollywoodstatus

hoe naby Mens regtig aan Mens se Naaste, Eie,
hoeveel menslikheid daar nog in Homo Sapiens,
hoeveel spiritualiteit nog op deesk lief Planeet,
voorwaar, Allah, O, Magtige, Mens goed weet,
profete, ’t allemal, elk, stukkie Waarheid beet

koestering, medeminsaamheid, van anti-superfisieel,
openheid van werklikheid, werklikheid van realiteit,
omarming van erbarming, déjà vu ooplos van indlela,
oop-’n-bloot ontbloting van vrywording, vrymaking,
van Self, waar Self voorheen Self-destruktief,
oordrewe behep met “ras”- en “klas”-illusie was

eers m’t oestyd, huistoekomtyd, Paradys-tyd,
post-B’sinning, pro-Herwinning, Positief g’fokus,
op herinstallering, hergebruik, heraanwending,
van Gewete, in al haar dimensies, eienskappe,
allie elemente van elke element, Liewe Aarde,
Mens daarna sal streef, meer by Heer t’leer,
veral aangaande tot dusver ongetoetsd’ Teorie,
vanne Lewe Twee Lewe, Slimstes se Oorwinning,
goeters waaroor Mens eintlik min van b’wus is

vir t’lank al agitproplik gekondisioneer, gevorm,
geskool, in gewetenloos Gewete-loosheid, eish,
uitwis van enigiets, enigiemand, wat Naaste,
Liefde vir Naaste, Mens se medemenslikheid,
nes ubuNtu, innie maatschappij wil b’vorder,
in allie agterstrate van azania, orania, elders

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top