"O Heer, vat weg ons seer" deur Maritza Meiring

  • 0

O Heer, vat weg ons seer

Op my knieë smeek ek o Heer, vat weg ons seer.
Die houe op ons lyf, die woorde wat val Heer dit sny diep!
Vergewe en vergeet, ons kan nie meer, Heer help ons, hoor ons kreet,
Maak ons heel, laat ons lewe!

Voete wat sleep, bottels wat breek, dit o Heer is ons lewensmelodie
Sy sleeptong baklei, sy vuiste, ons gil van pyn, Heer o Heer hy maak ons seer!
Ek bid vir genade, ek bid vir my kinders, ek bid vir elke vrou wat ons pyn deel, vir elke
Kinderhartjie wat nie verstaan, maar Heer ek bid vir hom ... Laat hy U weg vind ...
Laat hy bekeer!

Op my knieë smeek ek o Heer, vat weg ons seer.
Die houe op ons lyf, die woorde wat val Heer dit sny diep!
Vergewe en vergeet, ons kan nie meer, Heer help ons, hoor ons kreet,
Maak ons heel, laat ons lewe!

Heer gee my krag, lei my op U weg, ek gaan opstaan uit die seer,
God ek gaan nie kwyn, ’n beter lewe wag op ons vir my en my kinders nog so klein.
Ek gaan hul leer van U o Heer, dat liefde mooi is sonder seer, dat pappas en mammas nie
So leef maar dat hul in u voetspore wandel en innig en rein die lewe deur gaan.

Op my knieë dank ek U o Heer daar is geen pyn, ons is velros van alle seer.
Môre skyn die son weer helder, my kinders se lag my nuwe lied.
Dit als te danke aan U o Heer!
Op my knieë sal ek o Heer verewig dankbaar wees net vir U o Heer!

Op my knieë dank ek U o Heer
Op my knieë dank ek U o Heer!
Ja op my knieë vir U o Heer

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top