sowaar, die by
die walvis
die wildehond
die padda
die renoster
die frons verniet,
want die god van genesis
weet nie wat hier aangaan
in die treurige terme van trauma:
so oorgegee aan ons genade!
die paar geitjies
tussen my twintig metropolitaanse potplante
skyt gelukkig gereeld met opgehefde stertjies
’n klein danksegginkie
in koel liggaamstaal
want die muggies onder my vlerk
lei nog ’n skoon lewe.

