o, goedertierenheid (se moer)

  • 0

sowaar, die by                                                
die walvis                                                  
die wildehond                                          
die padda                                                   
die renoster                                               
die frons verniet,
want die god van genesis
weet nie wat hier aangaan
in die treurige terme van trauma:
so oorgegee aan ons genade!

die paar geitjies
tussen my twintig metropolitaanse potplante
skyt gelukkig gereeld met opgehefde stertjies
’n klein danksegginkie
in koel liggaamstaal

want die muggies onder my vlerk
lei nog ’n skoon lewe. 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top