"Nuwe Verhaal" deur Carina van der Merwe

  • 0

Nuwe Verhaal

Onthou die dae van speel in die sandput
Onthou die dae van snaaks aantrek
Onthou die dae van ma se soene
Onthou toe hardloop lekker was

Dit maak seer om te weet dit is nou weg
Die horlosie draai, ons kan nie daarteen veg
Dink dis tyd vir ? nuwe verhaal
Ek sal solank my perd opsaal
Dit maak seer om te weet dit is nou weg

Die bome hardloop soos ons verbyry
Die teer skyn helder en verblind my
Pappa snork terwyl hy bestuur
En mamma sing ou Stevi

Dit maak seer om te weet dit is nou weg
Die horlosie draai ons kan nie daar teen veg
Dit maak seer om te weet dit is nou weg

Dink dis tyd vir ? nuwe verhaal
Ek sal solank my perd opsaal

Onthou die dae
Onthou die vrae
Onthou vir ma
Onthou vir pa

Dit maak seer om te weet dit is nou weg
Die horlosie draai, ons kan nie daarteen veg
Dink dis tyd vir ? nuwe verhaal
Ek sal solank my perd opsaal

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top