Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd: Aankondiging van kortlys

  • 0

Die kortlys vir Human & Rousseau se Nuwe Stories 2012-kortverhaalwedstryd is nou gefinaliseer.

Die name van die kortlyskandidate is:
– Carolyn Meads
– Marni Bonthuis
– William Barnard
– Wilken Calitz
– Henali Kuit
– PL Brand
– Charl Bezuidenhout
– Bibi Slippers
– Janice Keogh
– Armand Fourie
– Lezandra Thiart
– Christina van Deventer
– Carla van Eck
– Alettie van der Heever
– Madré Roothman
– Constant van Graan
– Trish Goosen
– Nina Botes
– Donovan Greeff
– Alida Eloff

Teen die sluitingsdatum van die wedstryd het Human & Rousseau altesaam 69 inskrywings vir die wedstryd ontvang. Die samestellers, Jeanette Ferreira en Suzette Kotze-Myburgh, moes daarna die moeilike maar opwindende taak aanpak om 20 kortlyskandidate te kies. Die aantal inskrywings en die kwaliteit van die verhale op die kortlys is ’n welkome aanduiding dat jongmense steeds belangstel en die talent het om in Afrikaans te skryf.

Human & Rousseau sal die beste kortverhale in Nuwe Stories 2012 publiseer en hierdie skrywers sal ook die geleentheid kry om werkswinkels in Kaapstad en Pretoria by te woon om hulle verhale af te rond. Die wenners van die kortverhaalwedstryd sal in September 2012 aangekondig word, wanneer die bundel verskyn.

Die prysgeld lyk soos volg:
– 1ste prys R8 000
– Twee naaswennerpryse van R3 500 elk
– Die skrywers wie se verhale gekies word vir publikasie sal elk R1 000 ontvang.

Geen manuskripte sal ná die keuringsproses aan skrywers terugbesorg kan word nie. Suksesvolle skrywers sal deur Human & Rousseau in kennis gestel word, waarna die redigeringsproses in oorleg met die samestellers sal geskied. Insluiting in die finale bundel berus op die suksesvolle voltooiing van die redigeringsproses.

Ongelukkig sal daar nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers gelewer kan word nie. Die finale oordeel vir publikasie ná die redigeringsproses berus by die samestellers en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top