Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Tweede keurverslag van "Utopia"

  • 0

Utopia: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


 

Utopia

Die skrywer het die verhaal goed hersien en deeglik afgewerk vir voorlegging. Ek hou van die wyse waarop dialoog ingewerk is en karakterontwikkeling plaasgevind het.

My voorstelle is beperk tot die verfyning van die verhaal en die verwydering van onnodige inligting en herhaling. Sinne kan ook verkort word om die spanning in die verhaal op te bou. Besluit of die klankherhaling effektief is en ’n bydrae tot die verhaal lewer. Ruik die kas na ou sokkies, of stink dit na ou sokkies? Al wat ek hoef te doen is om te verdwyn? of eerder: Al wat ek moet doen is om te verdwyn? Ek wens verbete maar daar is geen uitkomkans nie? of eerder: Ek wens verbete want daar is geen uitkomkans nie? Steun ’n deur of kreun en kraak ’n deur?

Kyk hoe die verskillende insidente aangespreek word en of die vertelperspektief oortuig? Ek is nog nie oortuig dat die kind se verskillende ouderdomme afgelei kan word uit die wyse waarop jy die verhaal laat ontvou nie. Sal ’n kind weet wat hulle gehad het voor en na die pa huistoe gekom het, sal hy weet van mansjetknope, sal hy dink die ma klou aan hom asof hy haar alleen sal los? Sal ’n kind verwys na as Klaasvakie kom kuier? Sal ’n kind durf om nie weer te vra nie? Sal hy sy suster se voorhuiltuitjie kan beskryf? Weet dat sy skreeuhonger is? Sal ouma in sy wêreld besig wees met eetgoed? Sal ouma praat van ’n “flash” en ’n “smile”? Kan die bure se swembadwater (in die kind se beskrywing) wink teen die mure? Sal hy huis se kant toe loop? Sal pa ’n ses-pak biere hê? Sal Lielie haar doodlag vir die ontploffings? Sal die kind amper nie registreer nie? Sal pa se vuis met my kakebeen kontak maak? Sal die kind voel of sy kakebeen verbrokkel? Sal ma onder pa se gestalte wegkruip? Staan my ma nie op nie, of staan Ma nie op nie? Sal hy die eier wil verbloem? Sal daar blykbaar al van vroeg af na Tom & Jerry gekyk word? Kyk ook weer na die beskrywing van die stukkende fiets – dit oortuig nie altyd nie.

Met bietjie moeite, kan hierdie verhaal ook op die kortlysie vir wenverhale beland.

Kyk ook na die hooflettergebruik by aanspreekvorme van Ma/ma en Pa/pa. Kyk na dialoog verwysings en verwyder sê hy/sê sy waar dit onnodig is. Die leser weet wanneer die bruuske pa praat en ma kerm.

 


 

Lees die tweede weergawe: "Utopia"

Lees die eerste weergawe: "Utopia"

Lees die eerste keurverslag oor "Utopia"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top