Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Tweede keurverslag van "Ontspoor"

  • 0

Ontspoor: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 


Ontspoor

Hierdie verhaal is een van drie verhale wat daadwerklik verbeter is deur herskrywing. Ek kan sien dat die skrywer erns gemaak het met die kommentaar en kritiek en die skryfwerk met behoorlike navorsing as rugsteun aangepak het.  Ek wil die skrywer veral gelukwens met die wyse waarop karakters van papierpoppe tot volronde karakters ontwikkel het.

Na my mening moet die skrywer besluit of dit effektief is om die verhaal by die selfmoord te begin en dan terug te verwys na dit wat vooraf gebeur het. Sou dit nie ook effektief kon wees om die eerste deel weg te laat en die skokkende gebeurtenis in die slot aan die leser te openbaar nie? Dieselfde geld vir my in die aanbieding van twee karakters se verhaallyne. Die treindrywer se verhaal teenoor dié van die sielkundige. Na my mening is die eerste meer geslaagd as die tweede. Die lang aanloop (wat bykans soos ’n mediese verslag lees) van die sielkundige teenoor die brute eerlikheid en ontboeseming van die treindrywer tydens die terapiesessie. Is hierdie aanloop effektief? Is dit nodig? IS dit blote vertel, eerder as wys en ontvou? Waak veral in hierdie aanloop teen geykte beskrywings en veralgemening soos die paragraaf oor die soort kliënte wat hy sien. Wat die treindrywer betref, sou ek meer konsekwentheid in sy taalgebruik en verwysings wou sien ... sou hy praat van ’n ma en ’n kleintjie, hy verwys dan na die meid by HR? Sou hy nie sy rassisme juis aanwend om die situasie vir homself te versag nie? Sou hy verwys na ’n bloederige gesig sonder kopvel, of sou hy dit meer grusaam uitdruk? Sal ’n trein die impak voel as dit oor ’n baba ry? Sal hy wil vra waarom die kind juis op die spoor moes beland of sou hy dit oënskynlik beter in sy stride gevat het?

Dink mooi waar presies die storie lê en fokus op die ontwikkeling van daardie karakter en daardie verhaallyn.

 


 

Lees die tweede weergawe: "Ontspoor"

Lees die eerste weergawe: "Ontspoor"

Lees die eerste keurverslag oor "Ontspoor"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top