Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Tweede keurverslag van "Een, twee, drie, blok myself"

  • 0

Een, twee, drie, blok myself: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


Een, twee, drie, blok myself

Die skrywer het goeie vordering met die verhaal gemaak en heelwat van die kritiek ter harte geneem. In hierdie rondte sal ek graag wil sien dat die skrywer ’n oortuigender leefwêreld van die kind aanbied. Sal kinders byvoorbeeld praat van “deurmekaar lyk”, “ordentlike mans”, ander kinders “haat”. “vry wees” om te speel waar hulle wil? Die kind se wêreld (en die keuse daarvan as vertelperspektief) stel sekere beperkinge en verwagtinge wat nie volledig aan voldoen word nie. Dit mag onder geen omstandighede klink asof ’n volwassene uit die perspektief van die kind vertel nie.  Let ook op lomp beskrywings wat nie noodwendig die betekenis oordra wat jy ten doel stel nie – ’n ritssluiter kan nie ’n lawaai maak as dit oopgetrek word nie ... dit kan eerder die doodse stilte verbreek.

Die dialoog sien al veel beter daarna uit en dra beslis by tot die opbou van die spanning in die verhaal tot en met die dramatiese, skokkende slot.

 


 

Lees die tweede weergawe: "Een, twee, drie, blok myself"

Lees die eerste weergawe: "Een, twee, drie, blok myself"

Lees die eerste keurverslag oor "Een, twee, drie, blok myself"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top