Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Tweede keurverslag van "Die wens"

  • 0

Die wens: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


Hierdie verhaal het die potensiaal om ’n wonderlike verhaal van seksuele ontdekking te word, maar dit vlot nog nie genoeg nie. Daar moet meer aandag gegee word aan die hoofkarakter se interne wêreld. Sy uitdagings en motiverings. Sy beknopte, onbeholpe wêreld en versugtinge. Die dialoog op die strand lewer nie ’n bydrae tot die verhaal nie; daar is te veel inligting wat aan die leser vertel, eerder as gewys word, en die verhaal sukkel te lank en moeisaam aan. Die skrywer moet in die karakter se kop kom; sy interne wêreld verstaan en dit uit hierdie perspektief skryf. Daar is ook wisseling tussen ’n eerste en alomteenwoordige vertelperspektief en die woord verkoeler beteken nie ’n koelboks nie 🙂 EK het hoop vir hierdie verhaal. Die skrywer moet sny en afwerk, sodat slegs die nodigste op die bladsye agterbly.


Lees die tweede weergawe: "Die wens"

Lees die eerste weergawe: "Woorde is soos magic"

Lees die eerste keurverslag oor "Woorde is soos magic"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top