
Die gevolmagtigde: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn
Hierdie verhaal het nie veel gebaat by die herskryf nie. Daar is nou geweldige toevoeging van inligting wat nie regtig ’n bydrae lewer nie. Die vrou wat die traan wegpink pla, die beskrywing van die held, die dialoog – oortuig nie. Daar moet gekyk word na ’n oortuigende verhaal van ’n kind wat uitgelewer is aan sy omstandighede en berekend optree om ’n plan te maak. Hy is nie ’n slagoffer nie, en kan nie so uitgebeeld word nie. Die groter wêreld van misdaad en tieners moet aangespreek en ontgin word. Dit gaan hier nie om die gebeure en die geweldige detail van die gebeure nie, maar eerder om die onderliggende tema van die verhaal wat ontgin en ontwikkel moet word. Die slot is dan ook bepalend of hierdie verhaal die knoop suksesvol sal kan deurhaak.
• Lees die tweede weergawe: "Die gevolmagtigde"
• Lees die eerste weergawe van "Die gevolmagtigde"
• Lees die eerste keurverslag oor "Die gevolmagtigde"
• Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

