Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Tweede keurverslag van "Die diere is onrustig"

  • 0

Die diere is onrustig: Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


Die skrywer se grootste uitdaging is steeds om die verskillende “afdelings”/perspektiewe te versoen tot ’n spannende en boeiende verhaal. Die leser se afwagting op die plaasaanval en die openbaring van die kind se homoseksualiteit. Die kwessie oor die homoseksualiteit wat hier as reeds opgelos aangebied word (sy ma weet reeds en sy pa gee nie om nie), is ’n verhaalprobleem. As dit nie ’n daadwerklike bydrae tot die verhaal nie, is daar geen sin daarin om dit deel van die verhaal te maak nie. Ek sal graag meer karakterontwikkeling wil sien (die pa en ma se verhouding is steeds nie oortuigend nie), meer aandag aan oortuigende dialoog, akkurater beskrywings van die plaasaanval (ek glo nie boere woon op plase sonder gewere, sonder kommandostelsels, sonder burgerradio nie, ook nie sonder behoorlike groot honde nie; ek glo nie plaasaanvallers slaan teen ruite om mense bang te maak nie; ek glo nie hulle skiet klein hondjies vrek nie, hulle slaan of skop irriterende brakkies sommer vrek). Ek sal die verhaal stroop van alle onnodige woorde en beskrywings, die verhaal moet so styf soos ’n snaar gespan wees met geen uitkomkans vir die leser nie. Dit gaan in kompetisie staan met PIK (tematiese ooreenkomste), wat ’n baie sterk aanspraakmaker is.


Lees die tweede weergawe: "Die diere is onrustig"

Lees die eerste weergawe: "Om asem te haal"

Lees die eerste keurverslag oor "Om asem te haal"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top