Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Die gevolmagtigde"

  • 0

Die gevolmagtigde: Die eerste keurverslag deur Leti Kleyn

 



Wat werk?

Die absurde slot van hierdie verhaal het my oortuig om dit op die kortlys te plaas. Nie alleen is misdaad en die motivering om die misdaad te pleeg ’n boeiende tema nie, maar die behoefte aan menslike kontak in ’n wêreld waarin mense al verder van mekaar vervreem word, ’n interessante tema om te ondersoek. Die verhaal soos dit egter hier staan, het heelwat werk nodig.

Wat om te lees

  • Lees misdaadverhale, so veel as moontlik. Leer die werkinge en denkpatrone van die krimineel ken.

Waarom aan aandag te gee:

  • Dit is belangrik om die drie verskillende karakters oortuigend aan te bied. Hulle moet ontwikkel word tot volronde, oortuigende karakters wat die verloop van die verhaal voortstu deur die leser se behoefte om te weet hoe die oënskynlike onoplosbare situasie opgelos sal word.
  • Daar is drie wêrelde ter sprake: die ryk vrou, die kind wat die kar se ruit uitslaan, en die hawelose. Hierdie leefwêrelde moet in kontras met mekaar deur die loop van die verhaal ontwikkel word.
  • Ten einde die slot suksesvol te voltrek, moet die eensaamheid en behoeftes van die vroulike karakter genoegsaam reeds deur die verhaal aangedui word, anders is haar besluit om die na die kind uit te reik en hom saam te neem, bloot ’n skrywerstruuk.
  • Die hawelose man kan ook nie bloot geboelie word deur almal sonder om waarlik teenstand te bied nie.
  • Die dialoog vlot nie. Daar moet besonderse aandag gegee word om oortuigende dialoog aan te bied, wat eie is aan die verskillende karakters sowel as aan die situasie waarin hulle hul bevind.
  • Die verteller kan (en behoort nie!) die leser te manipuleer deur simpatiek teenoor die hoofkarakter te wees nie. ’n Volbloed en oortuigende leuenaar (soos ons hier mee te make het), is ’n geharde individu wat weet hoe om te oorleef. Ten koste en ten spyte van. Beeld hom so uit.
  • Bou die nodige spanningslyn in die verhaal op – tans is dit ’n vertelling van iets wat gebeur het, die leser ervaar nie die gebeure nie.
  • Let ook op die verskynsels “wys” (show) en vertel (tell). Die inligting moet aan die leser oorgedra word op so ’n wyse, dat hy/sy nie voel dit word direk oorvertel nie.
  • Heroorweeg die titel.

 


 

Lees die kortverhaal "Die gevolmagtigde"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top