niemand op Aard’ ooit in staat, slawerny as sodanig t’metaforiseer,
oorlogsekonomieë tot iets onhebbeliks, onekonomies, t’abstraheer,
te lank’s gekolonialiseerde, deel van meerderheid, verimperialiseer,
sou Mens wou sweer, dis Uwe Wens, Almagtigheid, Skepper, Heer
Skenk, o Allah, kanala, Mens ’n versameling nuwe metafore,
’t Mens’t feitlik krities, amper onmiddellik, so dringend nodig,
Gewete kan herwin word, al issit tans onherroeplik verlore,
hoef niemand skuld aan voorouers, hul voorouers, toe t’dig
al is struktuurgeweld, onkund’-ontkenning, “ras”, “klas”, onvanpas,
al begint Mens bieg, bely, vuil voete was, al val geraamtes ytie kas,
raak bevoordeeldes ultra-blasé, pseudo-apologeties, re apartheid
al’s “Duiwelspiek”-getriekdes amper onherstelbaar g’toor,
al soek oorloglustiges, taks om taks, met mekaar skoor,
Uwe Genade, ’T Lê onge-‘frack’, Karoo-vlak-agtig Wyd
Jacobus Faasen

