Nuwe klere ...

  • 0

Ek het Saterdag nuwe jeans gekoop!

Daar is soveel style op rak, 'slouch', 'skinny' ens ens! Ek het al geleer om XL hemde of T-hemde te gryp!

Ek gryp in besige winkel 32 en betaal! Gooi dit in die was en toe ek dit aantrek uit tuimeldroër, is dit 'skinny' ... Die T-hemp (xl) sit na tuimeldroër soos help my sterk lyk hempie!

Nodeloos, ek is na naweek terug, op ’n heel ander rak, kry ek my styl! Ek het sommer ook ’n 33 grootte opgespoor. Nou ja, is daar nie winkel vir ons amper in die sestigs mans nie?? Stel jou voor, ek met my ou lyf, in skinny jeans nie!! Is die modelle vir Chinese fabrieke ook Chinese mannetjies??? Stel my met blink boxer en skinny jeans om bobene, hip-hop styl ...

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top