Vertel my wat is nuus
Wat die manne nou verkies
? Keppie of ? blom
Wat van die hippy kant af kom
Op ? nuwe generasie
Skenk ? doppie in ? glasie
Die jare bring ons saam
Om ? nuwe tyd te raam
Refrein:
Kom jy van toeka, kom jy van nou?
Waarom sal ons aan tye vas hou?
Druk daai knoppie , gooi die wekker
Hier kuier manne altyd lekker
Elke ou het sy smaak
Maar vanaand sal ons nie traak
Ons fokus net op nou
Wat ook al jy van hou
Baie jare maak jou wys
Manne wat loop met hare grys
By die jongklop kan jy leer
? Nuwe klank, ? nuwe geur
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

