|
Maak vyf Skrywer: Heleen Meyer Maak vyf bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word.
Die boek fokus op ’n seleksie van alledaagse bestanddele soos geblikte vis, hoenderfilette, eiers, pasta, rys, droë boontjies, botterskorsie en tamaties om net ’n paar te noem.
Die resepte strek van vinnige maaltye, bygeregte en slaaie tot hoofgeregte, kosblikidees en ligte maaltye. Met selfs ’n lekker bederfie hier en daar.
Die laaste gedeelte bevat basiese resepte wat dan op 5 verskillende maniere gebruik kan word, soos byvoorbeeld brooddeeg, koekbeslag, koekiedeeg en maalvleis.
Die boek sal mense aanmoedig om gesonde geregte vir die hele gesin te maak.
Dit bevat ook wenke vir die komposhoop en erdwurmplaas – geskik vir die “groentye” waarin ons leef.
Ook beskikbaar in Engels: Make Five. Klik hier en koop jou eksemplaar van Maak vyf nou van Kalahari.com!
|
|
|
Until Julius Comes Skrywer: Richard Poplak Until Julius Comes: Adventures in the Political Jungle onthul wat alles agter die skerms gebeur in ’n verkiesingsjaar. Richard Poplak spaar niemand nie wanneer hy al die groot partye op stofpaaie na townships en duur hotelle in die stad volg soos hulle stemme probeer wen. Hy wys die ware gesig van talle politici en al die truuks wat hulle uithaal.
|
|
|
Nina en die funky eksperiment Skrywer: Elizbè van der Colff, Chris Venter (Illustrasies) 8-10 jaar. Dis die laaste kwartaal en Nina en haar beste vriendin Jessie kan nie wag vir Laerskool Tierkop se kleure-atletiek-byeenkoms nie. Nina is vasbeslote om beter te doen in hoogspring as die vorige jaar. Maar daar is ’n nuwe meisie in hulle graad – Mirkia Zitscky. Sy is beter in hoogspring as wat Nina ooit sal wees! Toe Nina se pa hulle neem om die nuwe koeldrankfabriek op die dorp te gaan besoek, besef die uitgeslape twee vriendinne iets is nie pluis met W&Z Beperk se sogenaamde “energiedrankie” nie. Waarom wil die maatskappy so graag hê dat die drankie by die skool se atletiekbyeenkoms bekendgestel moet word? Is dit dieselfde koeldrank wat Mirkia heeltyd drink? Dis tyd om die pet op Nina-hulle se solder te gebruik om hulle met hul speurwerk te help . . . ’n Nuwe avontuur vir die vindingryke twee vriendinne waarmee lesers in Nina en die wacky hare (wenner van ’n ATKV-Kinderboektoekenning in 2013) kennis gemaak het. Klik hier en koop jou eksemplaar van Nina en die funky eksperiment nou van Kalahari.com!
|
|
|
The Write Stuff: The Style Guide With A Difference (3nd Edition) Skrywer: Johan Geldenhuys, Dave Dykman The Write Stuff gee duidelikheid oor die verskil tussen ‘content’ en ‘contents’, ‘may’ en ‘might’, ‘entrance’ en ‘entry’, ‘you and I’ en ‘you and me’, en meer as 50 ander probleemgevalle. Hierdie verwarrende woordpare word met gebruiksvoorbeelde toegelig. Die nuwe en uitgebreide uitgawe van The Write Stuff bevat ’n hele aantal bydraes oor hedendaagse kwessies, wat die bron uiters gewild maak onder professionele mense asook ‘gewone’ mense wat ’n passie vir taal het. Die nuwe uitgawe bestryk ook die konsep van eenvoudige taal, en baie voorbeelde is ingesluit wat begrip en toepassing vergemaklik. Die nuttige naslaanbron help jou ook om jou kennis te toets met ’n hele aantal aktiwiteite met antwoorde, wat agterin die gids opgeneem is. Omdat die vereistes wat op die styl, toon, manier, konvensies en beste praktyk vir sakekommunikasie van toepassing is, gedurig verander, en wetgewing toenemend die gebruik van ondubbelsinnige en duidelike taal vereis, is dié handige en bondige hersiene weergawe van The Write Stuff juis bedoel vir elkeen wat skryf. Alle inligting is maklik deur ’n uitgebreide en gebruikersvriendelike indeks toeganklik. Hierdie uitgawe fokus ook op eleganter styl en sluit wenke in vir skryfwerk in ?n beknopte styl. Dit ontrafel onder meer loshangende, bepalende frases – iets wat nie so klinkklaar in enige ander alledaagse stylgids gedoen word nie. Klik hier en koop jou eksemplaar van The Write Stuff nou van Kalahari.com!
|
|
|
Sondebok Skrywer: Irma Venter Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Klik hier en koop jou eksemplaar van Sondebok nou van Kalahari.com!
|
|
|
Krake Skrywer: Peet van Staden As hy die finansiële state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy ’n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het. Wanneer hy die dokumente voor hom het, begin die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hulle base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer ’n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só ’n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs ’n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié jagter. Finansiële knoeiers is sy prooi. Klik hier en koop jou eksemplaar van Krake nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.








