|
Geloof anderkant Sondag Godsdiens ’n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes. Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy ’n Sondag-geloof noem en “geloof anderkant Sondag”. Waar ’n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig. Müller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word. Klik hier en koop jou eksemplaar van Geloof anderkant Sondag nou van Kalahari.com!
|
|
|
Sêgoed met slaankrag George Claassen Profetiese woorde, bekkighede en raakvat-sêgoed wat die toets van die tyd deurstaan het – alles deur Suid-Afrikaners – is saamgevat in dié boek. Temas soos die Afrikaner, man en vrou, lewenswyshede, politiek, sterwenswoorde en spyt-kom-te-laat woorde word gedek. Die boek bied ’n blik op Suid-Afrika se hede en verlede met aanhalings wat saakmaak deur bekende en gewone landsburgers. Klik hier en koop jou eksemplaar van Sêgoed met slaankrag nou van Kalahari.com!
|
|
|
Eggo’s in die Skimberge Fiksie vir kinders Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar ’n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met ’n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en Henk na die Skimberge toe. Maar hulle kry teëspoed: hulle beland in ’n ravyn en verdwaal in ’n woud. Wanneer hulle met die woud se inwoners kennis maak, begin hulle die Skimberge se geheime te verstaan, en die ondersoek word ’n fabelagtige avontuur met verrassende gevolge ... Klik hier en koop jou eksemplaar van Eggo’s in die Skimberge nou van Kalahari.com!
|
|
|
O, die wêreld lê oop vir jou! Fiksie vir kinders Veels geluk, liewe maatjie,vandag is jou dag. Met speelse, rollende rym en ritme en sy kenmerkende humor kyk Dr. Seuss na al die avonture en verrassings wat op die lewenspad kan wag. Dit is n boek vol wysheid en lewenslesse vir oud en jonk. Die lewe is n ewigdurende ewewigspel, sê Dr. Seuss, maar daar is altyd pret, geluk en sukses vir dié wat dit wil vind. Die boek is geskik vir vroeë lesers en vir hardop voorlees. Maar bowenal is dit n fantastiese geskenk vir enige persoon wat n nuwe fase in hul lewe ingaan.Hierdie klassieke boek is nou vir die heel eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met n fantastiese rymvertaling deur Leon Rousseau. Klik hier en koop jou eksemplaar van O, die wêreld lê oop vir jou! nou van Kalahari.com!
|
|
|
’n Duisend stories oor Johannesburg Kortverhale Dalk begin ’n Duisend stories oor Johannesburg buite ’n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op ’n Sondagoggend in Mei 2008 met Samson Dube se xenofobiese moord. Heel moontlik 41 jaar vantevore wanneer ’n jong Zweig en Serenita die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is ... Soos wat die geval met ’n 1001 Arabiese Nagte is, kan gedeeltes van ’n Duisend stories oor Johannesburg byna in enige volgorde gelees word! Dit is ’n behendig verweefde verhaal oor boorlinge van Johannesburg – uitgewekenes, terugkerendes en dié wat nog altyd daar gebly het – hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het. Klik hier en koop jou eksemplaar van ’n Duisend stories oor Johannesburg nou van Kalahari.com!
|
|
|
Kamphoer Algemene fiksie Gedurende die Eerste Wêreldoorlog staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale van ’n Britse militêre hospitaal. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore was sy gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp, en dit is waar sy daardie naam leer ken het. Sy lig haar hand om daardie deur oop te maak. Haar hand bewe onbeheerbaar. Maar sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is wat sy moet doen, getraumatiseerde soldate terugbring na die lig. As daardie soldaat egter die een is wat sestien jaar te vore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het, is dit nie so voor die hand liggend nie. Susan Nell huiwer voordat sy die deur oopmaak, sy wik en weeg desperaat – sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy weer haar verkragters teë . . . In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou. Klik hier en koop jou eksemplaar van Kamphoer nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.







