Nuut by NB-Uitgewers dié Mei:
Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid, Game Plan for Life, Rodriguez, Huisgenoot Wenresepte Stap vir Stap, Moemin en die komeet en Anna atoom en die magnetiese meermin
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van Apartheid Willie Esterhuyse vertel die volle verhaal van die agter-die-skerms-ontmoetinge tussen ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare. Dié hoogs vertroulike gesprekke in Engeland was deurslaggewend vir die begin van onderhandeling en die oorgang in Suid-Afrika. Met fassinerende inligting oor onder meer geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela, wat in PW Botha se situasiekamer aangegaan het, en hoe die Intelligensiediens die land van grootskaalse geweld probeer “red” het. “Dié verhaal is nog nooit so vertel nie ... van groot belang, én hoogs leesbaar.” – Jan-Jan JoubertOok in Engels beskikbaar as End Game: Secret Talks and the End of Apartheid. |
|
|
Game Plan for Life Jannie Putter deel met Game Plan for Life wat ware sukses is en hoe elkeen ’n kampioen kan wees, ten spyte van die vele uitdagings en verkeerde keuses van die verlede. Hy beskryf aan die hand van staaltjies en anekdotes, sonder om te skroom, die vele valstrikke wat gereed lê om ons te verstrik sodat ons nie ons ware potensiaal kan bereik nie. Temas soos gesag, rebellie, inspraak, jaloesie, arrogansie, valse persepsies, verslawings, depressie, buite-egtelike verhoudings en egskeiding word behandel. In Game Plan for Life Jannie Putter shares with readers what real success is and how everyone can be a champion. Just as we need strategies in order to have a game plan for sport or for projects, we need a game plan to steer and guide our daily lives. Using powerful anecdotes he points out the many pitfalls that may prevent us from reaching our true potential. Issues such as authority, rebellion, jealousy, arrogance, false perceptions, addictions, depressions, affairs and divorce are discussed. At the end of each chapter there is a self discovery section, where readers are given the opportunity to respond by answering questions about the main points of that section. Klik hier en koop jou eksemplaar van Game Plan for Life nou van Kalahari.com! |
|
|
1990. Mosambiek. Vroeër was hy die student Skerf Malan, maar toe word hy gewerf om aan koverte operasies deel te neem. Nou is hy die agent Rodriguez, die “inside man”, ’n wit man wat die Renamo-beweging moet infiltreer. Hy dra letsels wat sinoniem is met sy beroep, maar gaan onverskrokke voort met sy taak. Spanning uit die boonste rakke deur ’n bekroonde skrywer. Klik hier en koop jou eksemplaar van Rodriguez nou van Kalahari.com! |
|
|
Huisgenoot Wenresepte Stap vir Stap Uiteindelik die eerste resepteboek vir beginners in die topverkoper Huisgenoot-kookboekreeks. Elk van die 66 resepte gaan gepaard met foto’s wat die verskillende stappe van die kookproses volledig toelig; dit begin met ’n foto van die bestanddele en eindig met die finale produk. Die aanbieding is so na aan ’n werklike kookles as moontlik.
Ook in Engels beskikbaar as You Let’s Cook Step by Step. Klik hier en koop Huisgenoot Wenresepte Stap vir Stap nou van Kalahari.com!
|
|
|
Moemin en die komeet ’n Komeet is op pad na die Aarde en niemand weet wat om te doen nie! Moemin en Snifsnaf onderneem ’n reis na die Eensame Berge om die professors met die groot teleskoop te raadpleeg. Hulle avontuur sorg vir noue ontkomings van gevare soos krokodille en reuse-akkedisse. En op pad terug red Moemin die mooie Snorkmeisie, Moemy, van ’n giftige bos … en hy is nooit weer dieselfde nie. Maar gaan die komeet hulle pragtige vallei tref en alles verwoes? |
|
|
Anna Atoom en die magnetiese meermin In hierdie tweede titel in die reeks probeer Admiraal Atoom se agterbakse kollega, Uranus Draak, die aarde se magnetiese pole skuif in ’n poging om die yskappe van smelting te red. Maar is dit regtig wat hy beplan, of probeer hy steeds om die probleem van oorbevolking met die grootskaalse uitwissing van mense op te los? Klik hier en koop Anna atoom en die magnetiese meermin nou van Kalahari.com! |







