Nuut by NB-Uitgewers dié November

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié November:
Hartland, Katalekte, Armblankes, Die laaste Afrikanerleiers, Totsiens, Koning Arthur en Bygelowe en waar dit vandaan kom

Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624056911
e-ISBN:
9780624056928
Prys: R220

Hartland

Hartland
Deon Opperman

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In dié reeks kyk hy na die uitwerking van ‘n veranderende samelewing op een familie – die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Celliers, hoof van African Queen, ’n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Ná sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding – en die herstel van hul geloof. As teenwig vir dié emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook ’n tienerliefde wat blom en ’n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Celliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Hartland nou van Kalahari.com!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798157926
e-ISBN:
9780798158268

Prys: R220

Katalekte

Katalekte
Breyten Breyntebach

Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Aards én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer. Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Katalekte nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624056430
e-ISBN:
9780624057932
Prys: R195

Armblankes

Armblankes
Edward-John Bottomley

Edward-John Bottomley volg die verhaal van wit armoede in Suid-Afrika, van die 19de eeu toe die kategorie “armblanke” geskep is. Die kerk en regering het armblankes probeer “red” as deel van die apartheidsplan want wit armoede kon lei na rasse-integrasie; vandag reageer politici weer op verskillende maniere op dié verskynsel. ’n Vars blik op ’n ou geskiedenis, met implikasies vir die hede.

Ook in Engels beskikbaar as Poor White.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Armblankes nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052555
e-ISBN:
9780624058380
Prys: R350

laaste_afrikaner

Die laaste Afrikanerleiers
Hermann Gilomee

Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die weë van die vyf laaste Afrikanerleiers.

Vir hierdie boek het hy met talle rolspelers onderhoude gevoer. Baie gewese maghebbers is nou bejaard en wil hul ervarings deel – soms vir die eerste keer. Nuwe inligting kom aan die lig oor die binnewerkinge van apartheid. Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk word in diepte bespreek – met onverwagse nuwe insigte. Giliomee probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik) maar om te verklaar.

Ook in Engels beskikbaar as The Last Afrikaner Leaders.

Klik hier en koop Die laaste Afrikanerleiers nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624056225
e-ISBN:
9780624056232
Prys: R135

totsiens

Tot siens, Koning Arthur
Annelie Ferreira

Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Wanneer haar kleinboetie siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak.

Klik hier en koop Tot siens, Koning Arthur nou by Kalahari.com!

Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901296
Prys: R275

bygelowe

Bygelowe en waar dit vandaan kom
Anton Prinsloo

Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in ’n teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie, of dat geboue in Oos-Asië glad nie ’n vierde verdieping het nie? Bygelowe en waar hulle vandaan kom lig lesers oor meer as 6 000 wêreldwye bygelowe in. Dié omvattende Afrikaanse naslaanbron is die eerste in Suid-Afrika. 

Klik hier en koop Bygelowe en waar dit vandaan kom nou van Kalahari.com!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top